Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Speler geskors vir rassistiese ooggebaar

’n Serwiese vlugbalspeler is vir twee wedstryde geskors nadat sy ’n rassistiese ooggebaar gemaak het in ’n wedstryd teen Thailand.

Sanja Djurdjevic het om verskoning gevra vir haar rassistiese gebaar. Foto: Serwiese Vlugbalfederasie

CNN berig Sanja Djurdjevic is op kamera gevang terwyl sy haar oë met haar vingers op skrefies trek, ’n rassistiese gebaar wat die spot dryf met mense van Asiatiese herkoms.

Die speler het sedertdien om verskoning gevra en die Serwiese Vlugbalfederasie (VFS) het die voorval as ’n “eenvoudige misverstand” beskryf. Die beheerliggaam is ook met 20 000 Switserse frank beboet.

Volgens die VFS sal die geld geskenk word aan ’n “stigting wat diskriminerende gedrag hanteer en/of om opvoedingsprogramme te finansier oor kulturele sensitiwiteit vir die wêreldwye vlugbal-gemeenskap”.

Djurdjevic sal haar span se kragmetings teen België en Kanada misloop.

Sy het die gebaar gemaak in ’n wedstryd op 1 Junie in Italië. Dit het duisende mense aangespoor om ’n petisie te teken wat ’n beroep doen dat sy vir haar optrede gestraf word.

Sanja Djurdjevic is op kamera gevang terwyl sy haar oë met haar vingers op skrefies trek.

Djurdjevic het op Instagram om verskoning gevra voordat sy haar rekening se privaatheidstellings aangepas het.

Die VFS sê in ’n verklaring op Facebook: “Ons vra opreg om verskoning aan die Thaise span, die mense van Thailand en almal van julle wat hierdeur geraak is.

“Moet asseblief nie die kwessie uit verband ruk nie! Sanja is bewus van haar fout en sy het dadelik aan die Thaise span om verskoning gevra.

“Sy wou eenvoudig vir haar spanmaats wys ‘kom ons begin nou soos hulle verdedig’, sy het nie bedoel om oneerbiedig te wees nie.

“Dit was uiteraard ’n ongunstige voorval.”

Die voorval kom te midde van ’n toename in anti-Asiatiese retoriek en aanvalle op Asiatiese mense sedert die Covid 19-virussiekte uitgebreek het.

Die menseregtegroep Stop AAPI sê hy het verlede jaar meer as 2 800 klagtes van rassehaat teenoor Asiatiese en Suidsee-eiland-mense in die VSA ontvang. – Sportredaksie

Meer oor:  Stop Aapi  |  Rassisme  |  Sanja Djurdjevic  |  Vlugbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.