Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Volg perderenne nou op die kassie

Die eienaars van renperde sal vir eers nie die voorreg hê om ’n wenner na die wenkampie te lei nie.

Talle eienaars het dit al as die beste gevoel ooit beskryf as jy by die renbaan is wanneer jou perd wen en jy kan trots in die wenkampie gaan staan.

Om by die nasionale riglyne in te pas om die Covid-19-virus hok te slaan, sal perdewedrenne in Suid-Afrika voorlopig agter geslote deure voortgaan.

Die bestuurder by die Fairview-baan in Port Elizabeth, Luciano Passerini, sê hy en sy span is gereed om die aanpassings te doen.

“Net die absolute minimum getal mense wat nodig is om die byeenkoms te laat plaasvind, sal (vandag) by Fairview wees.

‘”Ons sal hou by die riglyne wat die wedrenoperateur vasgestel het om te verseker die byeenkomste kan voortgaan,” verduidelik hy.

Dit beteken selfs die eienaar van ’n perd sal nie by die baan mag wees nie. Net die afrigters, jokkies, stalwerkers, beamptes en ’n handjievol ander personeel sal by die byeenkoms toegelaat word.

Fairview se promosie-bestuurder, Karin le Roux, het gesê dit was die afgelope paar dae ’n gewoel by die renbaan om seker te maak al die sanitasie-maatreëls is in orde.

“Gelukkig gaan die wedrenne voort, maar al die vermaak en ekstras wat met groot byeenkomste gepaardgaan, bly in die slag.”

Vir die bedryf is dit baie belangrik dat wedders steeds hul weddenskappe kan plaas.

Daar is beperkte toegang tot totalisators landswyd en wedrenbase het wedders aangemoedig om aanlyn-rekeninge oop te maak om weddenskappe sodoende te kan plaas.

  • Elke wedren in Suid-Afrika sal op die DStv-kanaal Tellytrack (kanaal 239) uitgesaai word.
  • Die eerste wedren begin vandag om 12:25 op Fairview.
Meer oor:  Dstv  |  Port Elizabeth  |  Perdewedrenne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.