Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vasbytperde hardloop in Durban
Nebraas is een van die gunstelinge om Saterdag die Gouebeker op Greyville in Durban te wen. Foto: Candiese Lenferna|Gold Circle

Die land se 15 beste langasems sal sake Saterdag by die Greyville-perderenbaan in Durban uitspook om te bepaal wie vanjaar die Goue Beker wen.

Verlede jaar se wenner, Paths of Glory, sal daar wees om sy titel in dié wedren oor 3 200 m te probeer verdedig.

Dié vyfjarige hings sal deur Warren Kennedy vir die afrigter Gareth van Zyl gery word.

Nebraas, wat deur Lyle Hewitson vir Sean Tarry opgesaal sal word, is een van die vroeë gunstelinge om te wen.

Hy sal net 52,2 kg dra, is goed op dreef en mik na sy derde agtereenvolgende oorwinning.

African Adventure sal met 60 kg die swaarste gewig moet dra.

Die stryd om die Goue Beker, wat met ’n totale prysgeld van R600 000 spog, is die sewende wedren wat Saterdag by Greyville gehardloop sal word.

Daar is altesame tien wedrenne om af te handel, met die eerste een wat reeds om 11:35 afgesit word.

Die negende wedren, die Kampioenebeker oor 1 800 m, ontlok ook heelwat belangstelling.

Perde wat aan dié wedren gaan deelneem, sluit die tweemalige July-wenner Do It Again in, asook Got The Greenlight en Jet Dark.

TV: Saterdag van 11:35 op Tellytrack (DStv-kanaal 249).

Meer oor:  Perdesport  |  Perdewedren  |  Perdry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.