Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vrou troef 200 mans in kwaai fietsren
Fiona Kolbinger het haar naaste mans-teenstander met meer as tien uur geklop. Foto: AFP

’n Vrou het vir die eerste keer tot nog toe die Transcontinental-wedren gewen en meer as 200 mans in een van fietsry se uitmergelendste ultra-renne uitgestof.

ABCSport berig die Duitser Fiona Kolbinger, ’n 24-jarige kankernavorser, was een van 40 vroue uit 265 deelnemers wat die roete tussen Burgas in Bulgarye en Brest in die noordweste van Frankryk aangepak het.

Die fietsren strek vir meer as 4 000 km deur Europa, met Kolbinger wat in tien dae, twee uur en 48 minute in die eerste plek geëindig het. Die Brit Ben Davies het meer as tien uur agter Kolbinger in die tweede plek klaargemaak.

Kolbinger, wat aan haar eerste ultra-fietsren deelgeneem het, voel egter sy kon beter vertoon.

“Ek kon harder probeer het en minder geslaap het,” sê sy.

“Ek is baie verras om te wen. Ek het in die aanloop tot die ren gedink miskien kan ek eerste onder die vroue eindig, maar ek het nooit gedink ek sou almal klop nie.”

Kolbinger, wat die voortou op die derde dag geneem het, was tussen 15 en 17 uur per dag op haar fiets en het sedert die begin van die ren op 27 Julie gemiddeld vier uur elke aand geslaap.

Sy het gereeld in ’n slaapsak aan die kant van die pad geslaap.

Die Transcontinental-wedren, wat in 2013 begin het, strek deur Oostenryk, Bulgarye, Bosnië, Kroasië, Frankryk, Italië, Kosovo, Serwië, Slowenië en Switserland.

Streng reëls word toegepas. Deelnemers kan hul eie roete navigeer, maar moet deur vier kontrolepunte beweeg wat hulle oor verskeie tipe terreine neem.

Een van die punte is die sigsagpad by die Timmelsjoch-pas op 2 474 m bo seespieël op die grens van Italië en Oostenryk.

Deelnemers mag niemand vir aanwysings vra nie en geen tegniese hulp ontvang nie. Hulle moet boonop sorg vir hul eie kos en verblyf.

– Sportredaksie

Meer oor:  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.