Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vrou word Boks SA se nuwe baas
Cindy Nkomo saam met die boksafrigter Colin Nathan ’n paar jaar gelede by een van Boks SA se onthale. Foto: Facebook

Cindy Nkomo is as Boks Suid-Afrika se waarnemende uitvoerende hoof aangestel ná die skielike bedanking van Tsholofelo Lejaka ’n paar dae gelede.

Lejaka het nog ’n jaar van sy kontrak oorgehad, maar het besluit dat hy ’n ander rigting wil inslaan.

Nkomo werk sedert 2017 as bedryfshoof by Boks SA en was Lejaka se regterhand.

Sy sal onder moeilike omstandighede nou die leiding moet neem om te help dat boks weer op sy voete kom ná die Covid-19-pandemie ook dié sport ’n bloedneus gegee het.

Behalwe vir kwessies soos die heropening van boks-gimnasiums sal daar van haar ook verwag word om aandag te gee aan kwessies soos vroueboks, wat maar min aandag kry in Suid-Afrika.

Dr. Peter Ngatane, Boks SA se voorsitter, sê in ’n verklaring dat Lejaka goeie werk gedoen het in die vier jaar wat hy uitvoerende hoof was. – Sportredaksie

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.