Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vroue-jokkies ‘welkom’ by Saudi Cup

Vroue-jokkies word aangemoedig om in ’n nuwe perdewedren in Saoedi-Arabië mee te ding.

Die Britse jokkie Nicola Currie gaan na verwagting in 2020 aan die Saudi Cup-perdewedren deelneem. Foto: Getty Images

BBCSport berig die Saudi Cup, met $27 miljoen (sowat R395 miljoen) op die spel, word die wêreld se lonendste perdewedren wanneer dit op 29 Februarie 2020 in die land se hoofstad, Riaad, plaasvind.

Prins Bandar van Saoedi-Arabië sê vroue-jokkies is “meer as welkom” om aan die wedren deel te neem, wat deel is van pogings om “transformasie” in die land mee te bring.

Saoedi-Arabië word gereeld gekritiseer vir sy swak rekord wanneer dit by vroueregte kom.

“Mans en vroue sal gelyk behandel word,” sê hy op ’n vraag oor die jokkies.

Bandar, wie se grootoom prins Khalid Abdullah kampioen renperde soos Frankel en Enable besit het, sê die land maak hom reg vir ’n “meer ontvanklike” era.

“Ons koninkryk gaan deur ’n transformasie. Ons leer, maar ons maak oop en die politieke wil bestaan om daardie rigting in te slaan.

Die Saudi Cup is een van verskeie glansryke sportgeleenthede wat eersdaags in die land aangebied word, wat die herontmoeting om boks se wêreldswaargewigtitel tussen Andy Ruiz en Anthony Joshua in Desember, insluit.

Saoedi-Arabië word in sekere kringe daarvan beskuldig dat hy sport gebruik om die wêreld se aandag elders te vestig, met Amnestie Internasionaal wat gereeld die kollig op die land se “ellendige” rekord jeens menseregte plaas.

Daar bestaan streng beperkings op vryheid van spraak en vroueregte in Saoedi-Arabië, terwyl die doodstraf ook toegepas word vir misdade wat nie as sodanig deur internasionale reg, beskou word nie.

– Sportredaksie

Meer oor:  Perdewedren  |  Saudi Cup  |  Perdesport  |  Vrouesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.