Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vroue sit voet in die hoek in Pinkrod-klas

’n Eksklusiewe vroueklas-wedren sal Saterdag net betyds vir die viering van Vrouedag in Port Elizabeth aangebied word.

In dié Pinkrod-klas sal ’n groep vroue mekaar die stryd aansê in die eerste ronde van die nasionale kampioenskappe wat op die Victory Raceway-renbaan gehou word.

Volgens Vicky Gillmer, ’n organiseerder van die wedren, sal die vrouedeelnemers aan toeskouers wys dat hulle net só vinnig voet in die hoek soos die mans kan sit.

Gereed vir die naweek se wedren-aksie. Van die vroue wat Saterdag aan die Pinkrod-klas gaan deelneem, is van links voor Cathy Whittle, Chanell van Tonder, Nadia Basson, Bianca Nel, Leone Liebenberg, Bianca Nell en Tyler Mansfield. Foto: Heilie Combrinck

Die Pinkrod-klas het net ’n bietjie meer as ’n jaar gelede ontstaan nadat die renjaers se vroue moeg geraak het daarvan om langs die baan te staan en nie deel van die aksie te wees nie.

“Gewoonlik het die vroue net om die baan gejaag wanneer daar ’n saamtrek vir ’n geldinsameling soos vir byvoorbeeld kanker was,” het Gillmer gesê.

Die Pinkrod-klas se deelnemers in aksie in ’n vorige ren. Foto: Tommy Glad

Dit het nie lank geneem voordat die jaaggogga die vroue gebyt het nie en hulle self meer agter die stuurwiel wou inskuif om mededingend deel te neem.

“Die vroue daag mekaar behoorlik uit op die baan, maar hulle is eintlik ’n groot groep vriende van die baan af.”

Volgens haar het die Pinkrod hul liefdadigheidsfunksie behou en word geld op elke byeenkoms vir ’n spesifieke doel ingesamel.

“Die vroue kyk maar op sosiale media rond waar daar ’n nood is en dan fokus ons daarop om die geld aan die liefdadigheidsorganisasie of mense te skenk.”

Dié naweek se inskrywingsgeld is geoormerk vir Hannah’s Arms, ’n organisasie wat tydelik ’n veilige tuiste aan babas in nood voorsien.

Gillmer sê hoewel elke vrouedeelnemer graag met die louere as die kampioen wil wegstap – wat later vanjaar op Mega Oval in Worcester bepaal sal word – is die groter doel om ’n verskil in behoeftige mense se lewens te maak.

* Die Pinkrod-klas is een van sewe wat Saterdag op die Victory Raceway-baan in Walmer sal deelneem.

Die hekke open om 13:00.

Meer oor:  Vrouedag  |  Port Elizabeth  |  Wedren  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.