Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vuiste gaan Saterdag by Turffontein klap

Die vuiste klap Saterdag sommer op ’n groot skaal by die Southern Giant-bokstoernooi, wat by die Turffontein-perdewedrenbaan in Johannesburg gehou word.

Wade Groth kom Saterdag in Johannesburg teen die ervare John Bopape te staan. Foto: Gallo Images

Die middelgewigte Wade Groth en John Bopape pak mekaar in die hoofgeveg oor ses rondes.

Albei vegters is bekend as uitklop-konings en dit sal ’n verrassing wees as die geveg die volle aantal rondes duur.

In die hoofvoorgeveg kom die junior swaargewigte Chris Thompson en Limbani Lano teen mekaar te staan.

Maar dit is eers later in die aand. Daar is van 13:00 af verskeie amateurgevegte op die program, met die beroepsboksers wat mekaar van 18:00 af takel.

Op Sondag 1 Desember word daar nog ’n bokstoernooi by Turffontein gehou, waarin die veergewigte Tshifhiwa Munyai en Thompson Mokwana in die hoofgeveg boks.

Meer oor:  Boks  |  Wade Groth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.