Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vuiste klap van New York tot in Kampsbaai

Daar word Maandag twee bokstoernooie plaaslik aangebied wat heelwat belangstelling gaande maak, maar dié naweek is dit eers die man vir wie die legendariese Manny Pacquiao glo van weghardloop, wat in New York aan die beurt kom.

Terence Crawford het die Brit Amir Khan behoorlik verniel in sy vorige geveg. Foto: Getty Images

Terence Crawford verdedig sy weltergewigtitel van die Wêreldboksorganisasie Saterdag in Madison Square Garden teen Egidijus Kavaliauskas van Litoue.

Crawford voer aan dat top-weltergewigte soos Pacquiao, Errol Spence, Shawn Porter en Keith Thurman hom vrees en vermy.

Nou moet hy maar sy titel teen minder bekende vegters soos Kavaliauskas verdedig.

Crawford is wel een van die beste boksers in die wêreld, maar dis dalk eerder promosieprobleme as vrees wat hom uit die sogenaamde supergevegte hou.

Die Amerikaner behoort sy onoorwonne rekord teen Kavaliauskas te behou en hy kan dit dalk met ’n uitklophou doen.

Maandag is daar twee Internasionale Boksorganisasie-titelgevegte in Oos-Londen se Internasionale Konferensiesentrum.

Een van hulle gaan planke toe . . . Ruann Visser (links) en Tian Fick pak mekaar Maandag in Kampsbaai. Foto: Facebook

In die hoofgeveg van die toernooi verdedig Gideon Buthelezi sy junior kapokgewigtitel teen Alexandru Marin van Roemenië.

Marin, wat Kalifornië in Amerika as basis gebruik, voorspel gevaar. Dit sal nie ’n skok wees as hy Buthelezi onttroon nie.

Daar wag dalk ’n treurige Maandag op die boksmal Oos-Londen, want in die ander titelgeveg kan nog ’n plaaslike man in die stof byt.

Die veteraan Nkosinathi Joyi was op sy dag ’n goeie IBO- en IBF-strooigewigkampioen.

Hy kom in die hoofvoorgeveg teen die gedugte Joey Canoy van die Filippyne te staan om die vakante IBO-strooigewigtitel.

Die 36-jarige Joyi sal die horlosie omtrent moet terugdraai as hy teen die wilde Filippyn wil wen.

Die toernooi in Oos-Londen word Maandag van 14:00 op SuperSport 11 uitgesaai.

Dan klap die vuiste ook Maandag by die Kampsbaai-hoërskool waar Ruann Visser sy Suid-Afrikaanse swaargewigtitel teen Tian Fick verdedig.

Dis nou al ’n geruime tyd dat Fick vir Visser uitdaag en eindelik het sy dag aangebreek.

Of hy goed genoeg gaan wees om die Giant King te onttroon, sal maar gesien moet word.

Visser is glo topfiks nadat hy ’n tyd gelede ook in Las Vegas teen Kubrat Pulev, die nommereen-aanspraakmaker op die IBF-swaargewigtitel, geskerm het.

Die toernooi in Kaapstad begin om 14:00.

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.