Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Vuurwerk’ kom tussen Lewis, Max
Lewis Hamlton en Max Verstappen skud blad ná die Emilia Romagna-Grand Prix. Foto: Getty Images

Die vonke gaan tussen Lewis Hamilton en Max Verstappen spat in die wedloop om die Formule Een-wêreldkampioenskap vanjaar, voorspel die oud-renjaer Mark Webber.

Hamilton, die sewemalige en heersende kampioen, is net een punt voor Verstappen, wat die laaste Grand Prix – die Emilia Romagna in Italië – gewen het.

Hamilton het voor dit in Bahrein koning gekraai.

“Hulle is krygers en dis presies wat hierdie sport benodig – ’n intense wedywering tussen twee renjaers. Daar gaan ’n oomblik kom waar daar vuurwerk tussen hulle is, daarvan is ek oortuig,” sê Webber.

Hulle kom goed oor die weg en daar is wedersydse respek, maar gaan dit later in die seisoen nog die geval wees?
Mark Webber

“Hulle kom goed oor die weg en daar is wedersydse respek, maar gaan dit later in die seisoen nog die geval wees? Hamilton boks oor 12 rondes. Hy sal altyd gevaarlik wees en teen hom moet jy gereed wees vir baklei.”

Verstappen het vanjaar ’n puik motor by die Red Bull-span. Hulle is nou gereed om vir Mercedes (Hamilton se span) die stryd aan te sê, meen Webber.

Gaan dit Lewis Hamilton of Max Verstappen wees wat aan die einde van hierdie F1-seisoen die kitaar slaan? Foto: Getty Images
Dis ’n kop-aan-kop-stryd tussen Lewis Hamilton en Max Verstappen ná die eerste paar wedrenne in vanjaar se F1-seisoen. Foto: Getty Images

“Hulle was nog nooit vantevore só gereed nie. Hulle weet hulle het ’n goeie kans, dat hulle akkuraat en altyd gereed vir ’n stryd moet wees, want Lewis gee jou nie ’n tweede kans nie. Red Bull verwag om te wen, hoewel hulle geweldige agting vir Lewis en Mercedes het.”

Webber meen die huidige Mercedes-motor bied nie vir Hamilton enige mededingende voordele nie.

“Ek dink hy het in die eerste twee wedrenne vir Mercedes beter laat lyk as wat hy is,” het hy aan Marca gesê.

“Dis ’n moeilike motor, maar Lewis het goed gevaar en loop selfs voor in die stryd om die wêreldkampioenskap.” – TeamTalk

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Mark Webber  |  Max Verstappen  |  Portugal  |  Engeland  |  Nederland  |  Mercedes  |  Formule Een  |  Motorsport  |  F1  |  Grand Prix  |  Red Bull
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.