Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Vyfde skof van Spaanse toer vol verrassings

Die Australiër Simon Clarke het Woensdag die vyfde skof van die Vuelta a Espana in ’n naelrit gewen, terwyl die Franse fietsryer Rudy Molard verrassend die nuwe voorloper geword het.

Rudy Molard. Foto: Getty Images

Die wegbreekgroep tydens die skof van 188,7 km tussen Granada en Roquetas de Mar was 25 ryers wat die hoofpeloton ná ’n uur se ry agtergelaat het.

Splintergroepe het toe gevorm met die Italianer Alessandro de Marchi wat van die res af weggery met nog 65 km oor.

Clarke en Bauke Mollema van Nederland het die gaping vernou met nog 50 km oor. Dié drietal het saam voor gery totdat die Aussie oor die laaste 100 m sy aanslag geloods het en die skof gewen het.

Molard (Groupama-FDJ) het agt sekondes ná Clarke in die groep geëindig wat die voorlopers gejaag het. Hy het sowat drie en ’n half minute opgemaak teenoor Michal Kwiatkowski en die voorloper geword. Kwiatkowski (Sky) het in die peloton geëindig 4:55 ná.

“Dit is wonderlik. Ek het so hard gewerk sedert ek laas hier ’n skof gewen het. Dit het so lank geneem voordat alles weer hier vir my reg verloop het,” sê Clarke, wat in 2012 ’n Vuelta-skof gewen het.

Kwiatkowski is nou tweede algeheel, 1:01 agter Molard. Die ander hoofaanspraakmakers, onder wie Simon Yates, is op 1:11, met Alejandro Valverde op 1:13 en Nairo Quintana op 1:34

Merhawi Kudus van Dimension Data het die skof in die 10de plek voltooi.

Sy spanmaat Ben King is in die algehele 20ste plek, met ’n tyd van 18 uur 29 minute, die voorste DiData-ryer. Louis Meintjes is tans 27ste.

Donderdag sal waaarskynlik weer ’n naelrit oplewer. Daar is geen noemenswaardige klimme oor die 155,7 km tussen die Mediterreense kus van Huercal-Overa na San Javier Mar Menor. – Reuters

Meer oor:  Vuelta A Espana  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.