Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wada haal heuningkwas uit vir Saids

Die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) geloof nadat sy vennootskap met sy Ethiopiese eweknie (ETH-Nado) positiewe uitslae gelewer het.

Olivier Niggli, direkteur-generaal vir Wada. Foto: Getty Images

Deur dié vennootskap, wat deur Wada gefasiliteer en gemonitor is, het Saids aan ETH-Nado leiding en kundigheid verleen om Ethiopië te help in sy stryd teen verbode middels.

Olivier Niggli, direkteur-generaal vir Wada, sê die samewerking van organisasies in Nado (die internasionale vereniging van liggame wat die gebruik van verbode middels in sport beveg) is belangrik om oortreders in die verskillende streke vas te vat.

“Ontwikkelende Nado’s vind baat by die ervaring en hulpbronne van ander, veral as hulle in dieselfde streek is en die uitdagings in die spesifieke gebied verstaan. Net soos wat ’n jong atleet by ’n senior mentor kan leer, kan nasionale agentskappe teen die gebruik van verbode middels by mekaar leer,” het Niggli luidens ’n verklaring gesê.

Volgens Niggli het Ethiopië se stelsel om verbode middels te beveg die afgelope drie jaar aansienlik verbeter, danksy die hulp van Saids.

Fahmy Galant, die bestuurder van Saids, sê lande sal kragte moet saamspan indien hulle al sport se opkikker-uitdagings wil plettervat.

“Sport is internasionaal en daarom word die probleme waardeur dit in die gesig gestaar word gewoonlik makliker aangepak wanneer dit oor grense gedoen word, of op ’n globale wyse. Die geveg teen die gebruik van verbode middels is ’n groot voorbeeld hiervan,” het Galant gesê.

“Wanneer ‘skoon’ sport in een land versterk word, baat atlete oor die wêreld heen daarby.”

Mekonnen Yidersal, die uitvoerende hoof van ETH-Nado, het Saids bedank vir sy bydrae.

“Wada se vennootskapsprogram is van kardinale belang om die effektiwiteit van Nado’s wêreldwyd te versterk.

“Dié vennootskap was sover uiters voordelig om die gebruik van verbode middels in Ethiopië te beveg. Ek wil ons vriende by Saids en Wada bedank vir hul bydraes, wat van onskatbare waarde is.”

Saids het ETH-Nado onder meer gehelp met die programme waarin hulle bloed en urine toets vir verbode middels. Hulle het ook gehelp om atlete in die land touwys te maak oor verbode middels en die gevare wat dit inhou.

Meer oor:  Verbode Middels  |  Saids  |  Wada  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.