Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wada sweet oor pandemie-effek op kansvatters

Die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) is bekommerd dat die Covid-19-pandemie die stryd teen opkikkers skade berokken het.

Craig Reedie, president van Wada. Foto: Getty Images

Wada sê terwyl hy ook gewaarsku het dat atlete steeds enige tyd en enige plek getoets kan word, mits beperkings met betrekking tot fisieke kontak ingestel is en toetsbeamptes deur plaaslike owerhede toegelaat word om sportlui te besoek.

Atlete het intussen ook ’n versoek aan owerhede gerig om duidelikheid te gee oor die geldigheid van toetse tydens dié tydperk waar sport wêreldwyd grootliks opgeskort is.

Wada sê hy monitor noukeurig waar toetse gedoen is en kommunikeer ook met lande se organisasies teen verbode middels oor hoe hulle in dié tydperk steeds effektief kan wees.

“Wanneer die sportlandskap weer terugkeer na ’n mate van normaliteit, sal daar na die ‘gapings’ in toetse gekyk moet word deur bykomende, geteikende toetse,” sê Wada.

“Om die publiek se gesondheid bo die behoeftes van stelsels teen die gebruik van verbode middels te plaas, beteken dat daar ’n impak op die geveg teen opkikkers in sport kan wees.”

Wada sê hy hoop nie die opskorting van sportbyeenkomste en die inperking van atlete het daartoe gelei dat sportlui kanse waag met verbode middels nie.

“Daar is egter aansienlik minder oefening en ook baie minder kompetisies wat plaasvind.”

Wada sê hy stoor steeds monsters (wat die laaste paar maande versamel is) om in die toekoms te ontleed en sal, met behulp van atlete se biologiese paspoort (wat opkikkergebruik deur veranderinge in ’n atleet se bloedprofiel kan bespeur) kan vasstel of atlete wel oortree het. Dít sal moontlik wees wanneer nuwe toetse plaasvind en dié monsters dan met die bestaande profiele vergelyk word.

“Wada evalueer ook wat goed gewerk het en wat uitdagend was in die geveg teen verbode middels tydens hierdie ongekende tye.

“Daarom sal Wada ’n werkgroep stig om strategies te kyk hoe sy stelsels versterk kan word om ’n soortgelyke krisis in die toekoms die hoof te kan bied.

Alle toetssentrums en organisasies sal teen die gebruik van verbode middels by streng maatreëls moet hou wanneer toetse weer soos normaalweg kan voortgaan.

“Eerstens is personeel van alle agentskappe teen die gebruik van verbode middels aangesê om hul hande gereeld te was tydens die insameling van monsters. Hulle moet ook hul hande ontsmet en nuwe handskoene aantrek wanneer hulle by die toetsbestemming opdaag,” sê Wada.

Lande se plaaslike organisasies teen die gebruik van verbode middels moet ook al hul maatreëls vooraf aan atlete stuur wanneer toetse weer begin toeneem. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Verbode Middels  |  Wada  |  Opkikkers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.