Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wat is Geraint-hulle se plan in Tour?

Die Australiese fietsryer Caleb Ewan het Woensdag net-net daarin geslaag om sy eerste skofsege in die Tour de France te behaal.

Ewan (Lotto-Soudal) het die 11de skof oor 167 km tussen Albi en Toulouse in 3 uur, 51 minute en 26 sekondes voltooi.

Caleb Ewan (links) slaag net-net daarin om sy neus voor die Nederlander Dylan Groenewegen te kry. Foto: Reuters

Daar was skaars ’n haarbreedte tussen hom en die Nederlander Dylan Groenewegen (Jumbo-Visma), wat tweede oor die wenstreep was. Hy het die sewende skof gewen en wonder seker hoe op aarde Ewan daarin geslaag het om Woensdag voor hom oor die wenstreep te ry.

Met Groenewegen se sege in die daardie skof, was dit die einste Ewan wat met die tweede plek tevrede moes wees.

Ewan het ná sy sege aan letour.fr gesê hy was bly dat sy bene gehou het.

“Ek het as ’n kind hiervan gedroom. As kind is daar geen ander wedren wat ek wou wen nie. Die Tour de France is iets so ver verwyderd van Australië, iets wat ons op televisie kyk . . . dit is ongelooflik.”

Die draer van die geeltrui, Julian Alaphilippe (Quick-Step), het gemaklik in die 17de plek die skof voltooi. Sy naaste teenstander, die verdedigende kampioen, Geraint Thomas (Ineos), het kort ná hom, 23ste, oor die wenstreep gery.

Alaphilippe is steeds 1 minuut en 12 sekondes voor Thomas, maar dit kan in die volgende dag of twee verander.

Die ryers vaar Donderdag die Pyrenees gebergtes in vir die 12de skof tussen Toulouse en Bagnères-de-Bigorre. En dis hier waar die manne van die muise geskei gaan word.

Thomas se spanmaat Egan Bernal is net ná hom in die derde plek. Dit sal in die volgende paar dae interessant wees om die dinamika tussen die twee te sien. Ook watter van dié ryers voor gewerk gaan word deur hul spanmaats. ’n Soortgelyke situasie het hom in 2018 afgespeel toe Thomas die titel gewen het en die viermalige kampioen, die Brit Chris Froome, sy spanmaat was. Op die ou einde moes Froome met die derde plek tevrede wees.

* Suid-Afrika se Daryl Impey (Mitchelton-Scott) is algeheel in die 48ste plek, met sy landgenoot Reinardt Janse van Rensburg (Dimension Data) in die 118de plek.

Meer oor:  Caleb Ewan  |  Tour De France
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.