Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wêreld-kampioen wag op Proteas
Netbal
Chelsea Pitman (aanvallende vleuel) wen balbesit vir Engeland in Donderdagaand se Wêreldbeker-netbalwedstryd teen Suid-Afrika in Liverpool. Foto: Getty Images

Suid-Afrika het Saterdag ’n moeilike halfeind-afspraak met Australië ten einde die eindstryd van die Wêreldbeker-netbaltoernooi te haal.

Sy onoorwonne vertoningslys in die netbaltoernooi in Liverpool, Engeland, is Donderdag in ’n stampvol M&S Bank Arena beëindig.

Die Rose se oormag en hul tuisondersteuners was een te veel en hulle het die laaste wedstryd in die tweede groepfase met 58-47 gewen.

As die wenner van Groep G sal Engeland die naaswenner in Groep F, Nieu-Seeland, pak.

Die Aussies was die wenner van dié groep ná ’n oorwinning van 50-49 oor die Kiwi’s.

Engeland het uit die staanspoor die hef in die hand gehad en reeds ná die eerste kwart met 18-11 voorgeloop.

Netbal
Izette Griesel het Donderdagaand op aanvallende vleuel vir Suid-Afrika teen Engeland begin. Foto: Gallo Images | Reg Caldecott

Bongiwe Msomi het die wedstryd op senter begin met Izette Griesel op aanvallende vleuel.

Die skuif was egter van korte duur met Msomi wat ’n enkel geswik het en Burger was terug in die middelkolletjie.

Dit het nie gelyk asof daar baie kommunikasie was tussen Suid-Afrika se moeë lywe nie.

Die Proteas is baie gestraf, veral vir kontak.

Dit is byna ’n onbegonne taak om reeds met die rustyd met elf doele (20-31) agter te loop.

Verbasend genoeg het Norma Plummer, die SA afrigter, min verander met net Khanyisa Chawane (aanvallende vleuel) en Sigi Burger (doel) wat opgestuur is. 

Miskien moes meer plaasvervangers speelkans gekry het.

Suid-Afrika het nietemin nog baie om voor te speel.

* Suid-Afrika se vorige beste vertoning in sy agt vorige WB-verskynings was in 1995 toe hy die silwermedalje gewen het.

Die toernooi in Birmingham, Engeland, is tussen 27 lande beslis, wat vanaf die tweede ronde in twee groepe beslis is. Die voorste span in elke groep het na die eindstryd deurgedring. Daar was dus nie ’n halfeindronde nie.

Toe Suid-Afrika in 1967 in Perth derde geëindig het, was daar net agt spanne wat almal teen mekaar gespeel het.

* Jamaika, die naasbeste span in die wêreld, het nie die halfeindronde gehaal nie.

* Die halfeindstryde is om 12:15 (Suid-Afrika t. Australië) en 16:00 (Engeland t. Nieu-Seeland).

Sondag se uitspeelstryd om die derde plek is om 15:30 met die eindstryd om 17:45.

Donderdag se uitslae:

Groep F: Noord-Ierland 46, Barbados 43; Australië 50, Nieu-Seeland 39; Malawi 59, Zimbabwe 43.

Groep G: Trinidad & Tobago 43, Skotland 43; Jamaika 61 t. Uganda 48; Engeland 58, Suid-Afrika 47.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.