Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
WBR skors Whyte na opkikkertoets

Die Wêreldboksraad (WBR) het die Brit Dillian Whyte voorlopig as ’n verpligte uitdager vir Deontay Wilder se swaargewigtitel geskors omdat hy ’n opkikkertoets gedop het.

Die Britse bokser Dillian Whyte. Foto: Getty Images

Brittanje se anti-dwelmagentskap (UKAD) het nog nie reageer op mediaberigte dat Whyte positief getoets is voor sy geveg op 20 Julie teen Oscar Rivas van Colombië nie.

Volgens ’n verklaring op die WBR se webwerf is Whyte voorlopig geskors totdat die beheerliggaam se ondersoek afgehandel is.

“Hy sal die kans gegun word om sy posisie aan die WBR te verduidelik op ’n plek en datum wat in die nabye toekoms aangekondig sal word,” lui die verklaring.

Whyte het sy geveg teen Rivas met punte gewen om die verpligte aanspraakmaker op Wilder se titel te word.

Hy het van 2012 tot 2014 ’n skorsing uitgedien toe hy ook positief vir ’n verbode middel getoets het.

Whyte het verlede week gesê sy prokureurs hanteer die saak en hy is aangesê om nie daaroor te praat nie.

Meer oor:  Boks  |  Skorsing  |  Opkikkers  |  Dillian Whyte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.