Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wedrenbase wil perde steeds laat galop
Mededinging in die Kentucky Derby-perdewedren is net so fel soos in ’n rugby-eindstryd of ’n kriekettoets. Die 145ste Kentucky Derby is in Mei in Louisville, Kentucky, beslis.

Suid-Afrika se wedrenbase kyk nou elders om die perdewedrenbedryf te help om die pot aan die kook te hou.

Die land se byeenkomste is volgens die nasionale riglyne rondom die koronavirus vir eers gestaak en die wedrenoperateurs Gold Circle en Phumelela moedig wedders ook nou aan om by byeenkomste buite Suid-Afrika betrokke te raak.

Die DStv-kanaal Tellytrack sal hierdie wedrenne uitsaai en weddenskappe op die Suid-Afrikaanse totalisator sal aanlyn en telefonies gedoen kan word.

Dit sal die operateurs help om ’n inkomste te kry, want die opskorting van plaaslike byeenkomste is ’n geweldige finansiële terugslag vir die bedryf.

Vandag sal wedders hul geld op die spel kan plaas op ’n byeenkoms in Zimbabwe en byeenkomste op sommige bane in Australië gaan ook nog voort.

Vandag sal wedders hul geld op die spel kan plaas op ’n byeenkoms in Zimbabwe en byeenkomste op sommige bane in Australië gaan ook nog voort.

Byeenkomste van Hongkong, Singapoer en Amerika sal ook uitgesaai word.

Suid-Afrika se vernaamste rolspelers in die wedrenbedryf het vandeesweek ’n noodvergadering oor die situasie gehou.

Gold Circle, Phumelela, die Wedrenvereniging, Kenilworth Racing en die Nasionale Perdevereniging het koppe bymekaargesit en ’n taakspan aangestel wat planne moet beraam om te verseker die bedryf hou kop bo water in die tyd wat wedrenne nie kan plaasvind nie.

Daar word gesprekke met die regering beplan om uitsluitsel te kry oor wat gedoen mag word om te verseker oefensentrums kan met hul bedrywighede voortgaan sodat daar na die perde se welstand omgesien kan word.

Op die vroegste sal wedrenne op 17 April met ’n byeenkoms agter geslote deure op Fairview in Port Elizabeth hervat word.

Op die vroegste sal wedrenne op 17 April met ’n byeenkoms agter geslote deure op Fairview in Port Elizabeth hervat word.

Daar sal egter eers later duidelik verkry word wanneer wedrenne wel sal kan hervat.

Die byeenkoms op die 17de is juis een van die Oos-Kaap se grotes.

Op daardie byeenkoms moet drie groot wedrenne, die Oaks, Glenlair Trophy en Flying Five, plaasvind.

Van die Oos-Kaap se ander groot wedrenne sal vir eers nie gehardloop word nie.

Dit is die Guineas en Sprint Cup wat vandag sou plaasvind en die Poly-uitdaagwedren op 10 April.

Phumelela sal waarskynlik later alternatiewe datums vir die wedrenne aankondig.

Meer oor:  Koronavirus  |  Perdewedren  |  Covid-19  |  Perdry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.