Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Weiss wen Xterra in ‘beste weer’
Bradley Weiss draai die krane oop in die veldwedloop onderweg na sy sege in gister se SA Xterra-byeenkoms in Grabouw.Foto: Mark Sampson

Bradley Weiss het Sondag in volmaakte weerstoestande sy Suid-Afrikaanse Xterra-titel in Grabouw suksesvol verdedig.

Hy het die swemskof van 1,5 km in die Eikenhofdam, gevolg deur die 27 km-bergfietsrit en veldwedloop van 12,4 km, in ’n tyd van 2 uur, 29 minute en 8 sekondes voltooi.

Cameron Macnair en Michael Ferreira was onderskeidelik tweede en derde.

Volgens Weiss het hy in die 10 of 11 jaar wat hy al aan dié byeenkoms deelneem, nog nooit sulke goeie weer teëgekom nie.

“Daar was geen wind nie, die water was mooi stil en dit was koel en bewolkerig – ideaal vir ’n kompetisie,” het Weiss gesê.

Haley Preen in die bergfietsryskof van die SA Xterra-byeenkoms in aksie. Sy is as die uiteindelike vrouekampioen gekroon. Foto: Mark Sampson

In die vroue-afdeling is Haley Preen vir die eerste keer as die SA Xterra-kampioen gekroon. Haar wentyd was 02:51:40.

Volgens Preen is die swemskof gewoonlik haar achilleshiel, maar het sy dié toets Sondag met vlieënde vaandels geslaag en het die dam in die vierde plek verlaat.

Vicky van der Merwe het die tweede plek behaal en Johandri Leicester het op die derde trappie van die podium gestaan. – Sportredaksie

Meer oor:  Grabouw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.