Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wêreld se top-pluimbalspeler in ongeluk
Kento Momota, die wêreld se voorste pluimbalspeler, pas ná sy terugkeer na Japan. Hy was vandeesweek in Maleisië in ’n padongeluk betrokke. Foto: Getty Images

Die wêreld se voorste pluimbalspeler, die Japannees Kento Momota, is uit ’n hospitaal in Maleisië ontslaan nadat hy in ’n padongeluk betrokke was wat die lewe van een mens geëis het.

Volgens japantimes.co.jp was Momota Maandagoggend vroeg na die lughawe in Kualu Lumpur onderweg, toe die minibus waarin hy gereis teen die agterkant van ’n 30-ton-vragmotor gebots het.

Die bestuurder van die mini-bus is op slag dood, terwyl die 25-jarige Momota sy neus gebreek en snye aan sy gesig opgedoen het.

Hy is na ’n hospitaal geneem, maar is later ontslaan en het intussen na Japan teruggekeer.

Momota is ’n gunsteling om later vanjaar voor sy tuisskare Olimpiese goud in Tokio te verower.

Luidens ’n berig in thestar.com sal dié traumatiese ervaring Momota nie onderkry nie. Volgens dié webwerf was Momota ’n tiener in Foekoesjoema toe ’n aardbewing en gepaardgaande tsoenami in 2011 groot verwoesting in dié stad gesaai het.

Hoewel baie van sy bure en vriende swaar getref is deur dié ramp, het Momota die volgende jaar die Asiese junior kampioenskap gewen. 

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.