Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Boksster in self-afsondering ná prins-kontak
Anthony Joshua ontmoet koningin Elizabeth by Westminster Abbey.

Die Britse bokskampioen Anthony Joshua is in self-afsondering nadat hy ’n ontmoeting gehad het met die Covid-19-besmette prins Charles.

Die 71-jarige opvolger van die Britse troon is positief vir die koronavirus getoets, maar sy toestand is goed en hy is nou met matige simptome in self-isolasie in Skotland.

Independent berig dit is onduidelik wanneer Charles met die virus besmet is, maar hy het op 9 Maart die dag deurgebring saam met die koningin, die eerste minister en vermaaklikheid- en sportsterre – insluitend Joshua – by die Statebonddag-diens by Westminster Abbey.

Joshua is die Wêreldboksvereniging (WBV), Wêreldboksorganisasie (WBO), Internasionale Boksfederasie (IBF) en Internasionale Boksorganisasie (IBO) se swaargewigkampioen.

“AJ is tuis en volg die regering se riglyne, hy is fiks en gesond,” sê ’n woordvoerder van Joshua.

“Hy wens almal wat deur die virus geraak word ’n spoedige herstel en ’n groot dankie aan diegene in die voorste linie.”

As sake volgens plan verloop verdedig Joshua sy titels van die WBV, WBO, IBF en IBO op 20 Junie in die sokkerspan Tottenham Hotspur se stadion in Londen teen Kubrat Pulev van Bulgarye.

Maar die Covid-19-pandemie kan die geveg vertraag en boonop die langverwagte kragmeting tussen Joshua en sy Britse landgenoot, die Wêreldboksraad-swaargewigkampioen Tyson Fury, eers volgende jaar laat plaasvind.

Joshua het op Twitter sy dankbaarheid uitgespreek vir almal wat hul deel doen in die stryd teen die koronavirus.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Boks  |  Koningin Elizabeth  |  Anthony Joshua  |  Covid-19  |  Prins Charles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.