Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Dillian Whyte sal weer moet probeer

Dillian Whyte van Brittanje sal maar in Desember weer moet probeer om die Russiese veteraan Alexander Povetkin te probeer wen en sodoende ’n wêreldtitelgeveg los te slaan.

Skeidsregter Mark Lyson lig Alexander Povetkin se arm na sy oorwinning Saterdag in Essex teen Dillian Whyte. Foto: Matchroom Boxing

Whyte (32) het Saterdag in Essex, Engeland, ’n skok-nederlaag teen Povetkin (40) gely.

Ná Povetkin in die vierde ronde twee keer op die planke was, het hy in die vyfde ronde losgetrek en Whyte met ’n skitterende linkeropstopper uitgeslaan.

As Whyte gewen het, sou hy teen die wenner van die komende geveg tussen Tyson Fury, die Wêreldboksraad se kampioen, en Deontay Wilder geboks het.

Soos sake nou staan, sal hy in Desember ’n herontmoeting met Povetkin hê, waarná die wenner eers ’n titelkans sal kry.

“Hoewel ek in die vierde ronde twee keer plat was, was daar nie veel skade nie,” het Povetkin gesê.

“Ek het gesien dat Whyte in sy vorige gevegte oop was vir opstoppers en het beplan om hom daarmee uit te slaan.”

Povetkin en Whyte het mekaar soms om die beurt met harde houe geskud. Foto: Matchroom Boxing

Povetkin het sy uitklophou teen Whyte as “beslis die beste” in sy loopbaan beskryf.

Whyte het die uitslag as “een van daardie dinge” beskryf en het dadelik gesê hy sal probeer om volgende keer beter te vaar.

Volgens die promotor Eddie Hearn was daar ’n klousule in die boksers se kontrak dat hulle weer teen mekaar sou veg indien Whyte verloor.

Joe Smith het in Las Vegas ’n indrukwekkende oorwinning oor Eleider Álvarez behaal. In die middel is die skeidsregter Tony Weeks. Foto: Top Rank

In Las Vegas het Joe Smith van Amerika ook ’n indrukwekkende uitklop-oorwinning oor Eleider Álvarez van Colombië behaal.

Smith het Álvarez in die negende ronde uitgeslaan en sy kanse verbeter om vir die Wêreldboksorganisasie se vakante ligswaargewigtitel te kan veg.

“Ek het geweet ek moet ’n bietjie meer boks en minder baklei omdat hy ’n groot regter het. Hy het my ’n paar keer getref, maar ek kan ’n hou vat,” het Smith gesê.

Shawn Porter van Amerika het in Los Angeles sy geveg in die weltergewig-afdeling teen Sebastian Formella van Duitsland maklik met punte gewen. – Seconds Out, Sky Sports

Kyk hier na hoogtepunte van die geveg tussen Povetkin en Whyte: https://www.youtube.com/watch?v=u_CekGA9CA0

Meer oor:  Alexander Povetkin  |  Dillian Whyte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.