Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Wilde Ruiter van Waikato’ lank geskors
Jason Waddell gaan lank moet wag voor hy weer ’n perd vir ’n wedren mag opsaal. Foto: Getty Images

’n Nieu-Seelandse jokkie is vir tien jaar uit perdewedrenne geskors omdat hy gedreig het om ’n beampte dood te maak.

Jason Waddell, ook bekend as die “Wilde Ruiter van Waikato”, het verlede Desember ’n beampte wat hom ontstig het, gebel en gedreig: “Jy is dood, kyk maar oor jou skouer!”

In dieselfde tyd het die 35-jarige Waddell ook beledigende aanmerkings oor nog ’n beampte op sosiale media geplaas en gedreig om ’n ander een te lyf te gaan.

Waddell is al van 2006 af gereeld by die Nieu-Seelandse perdewedren-owerhede in die sop.

Hy het al voorheen ander jokkies en beamptes gedreig en beledig. Hy het ook geweier om ’n urinemonster te verskaf toe die owerhede hom vir die gebruik van verbode middels wou toets.

Waddell ly glo aan depressie en is aan dagga verslaaf. – Stuff.co.nz

Meer oor:  Skorsing  |  Perdry  |  Perderenne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.