Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wilde Wallieser wil Andrade wiks

Crash, boom, wallop!

Die wilde man van Clydach Vale in Wallis – Liam Williams. Foto: Getty Images

Dís wat die wilde Walliese bokser Liam Williams belowe het hy gaan doen wanneer hy Saterdag saam met Demetrius Andrade van Amerika in die kryt klim.

Andrade verdedig sy middelgewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) in die Seminole Hard Rock-hotel in Hollywood teen Williams.

Dit sal die vierde keer wees dat Andrade, voormalige WBO-weltergewigkampioen, sy titel verdedig.

Hy is nog onoorwonne ná 29 gevegte en sy pa, Paul, wat hom afrig, glo hy sal ook teen Williams wen.

Demetrius Andrade (links) dwing Artur Akavov van Rusland in ’n vorige geveg op die agtervoet. Foto: Getty Images

“Al wat hy (Williams) kan doen, is om vorentoe te kom. Ek dink nie hy het die voetwerk om by Demetrius te bly nie,” sê Paul Andrade.

Die kampioen self het gesê hy is ’n “opvoeder” wat sy teenstanders “lesse” leer. Hy glo hy sal ook vir Williams ’n ding of twee kan wys.

En Williams, die wilde man van Clydach Vale in Wallis?

“Ek gaan in daardie kryt klim en dan is dit net crash, boom, wallop!” het hy belowe.

Williams het 18 van sy 23 oorwinnings in die beroepskryt met uitklophoue behaal. – Boxing News 24/7, Sportredaksie

* Kyk hier na ’n paar van Liam Williams se uitklopoorwinnings: https://www.youtube.com/watch?v=OOsiKynVyKA

Meer oor:  Demetrius Andrade  |  Boks  |  Liam Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.