Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wilder: Fury het slapelose nagte voor geveg
Raak opgewonde! Deontay Wilder en Tyson Fury meet volgende naweek weer kragte. Foto: Getty Images

Deontay Wilder glo nie dat Tyson Fury lekker slaap voor hul herontmoeting volgende naweek nie.

Die twee swaargewigte pak mekaar volgende Saterdag in Las Vegas met Wilder se Wêreldboksraadtitel (WBR) wat op die spel gaan wees.

Hul geveg in Desember 2018 het gelykop geëindig, al het Wilder die Engelsman twee keer platgeslaan.

“As iemand jou platslaan vergeet jy dit nooit nie en jy vergeet ook nie hoe hulle dit gedoen het nie,” het die 34-jarige Wilder aan bbc.com gesê.

“Ek glo hy (Fury) is baie senuagtig oor wat die eerste keer gebeur het.”

Volgens die Amerikaner is Fury bekommerd en sukkel hy sekerlik om in die nag te slaap.

“Ek het die man harsingskudding gegee en dit sal weer gebeur, want die kop is nie gemaak om geslaan te word nie, veral nie deur iemand wat so hard slaan soos Deontay Wilder nie. Ek dink hy het baie om oor na te dink,” sê Wilder.

Albei boksers is nog onoorwonne in hul beroepsloopbane, met slegs hul gelykopuitslag wat hul rekords bevlek.

Wilder het die WBR-titel in Januarie 2015 gewen en het dit al 10 keer suksesvol verdedig. Dis net soveel keer as wat die legendariese Muhammad Ali sy titel tussen 1974 en 1978 verdedig het.

Deontay Wilder stuur Tyson Fury planke toe in die twee swaargewigte se eerste geveg. Maar hy het opgestaan en was inderdaad in die eerste deel van die geveg in beheer. Foto: Getty Images

Die ander beheerliggame – die Internasionale Boksfederasie, die Wêreldboksvereniging, die Wêreldboksorganisasie en die Internasionale Boksorganisasie – se kampioen is Anthony Joshua van Brittanje.

Sy reputasie het ’n knou weg, al het hy die titels wat hy in Junie 2019 aan Andy Ruiz afgestaan het intussen weer van die Mexikaner teruggewen.

Wilder dink Joshua is ’n lafaard.

“Hy wou nog nooit teen my baklei nie. Hy is uit die prentjie en niemand praat eers meer oor hom (Joshua) nie,” sê Wilder.

“Die swaargewigafdeling kook en dis my taak om dit so te hou. Ek trek gelyk met Muhammad Ali en ek sien daarna uit om op 22 Februarie ’n bietjie geskiedenis te maak.”

“Fury het kussings vir vuiste. Ná die eerste geveg was ek nie in pyn nie. Ek het al sy houe gevat. Hy is net ’n groot man wat in die kryt kan rondspring, hy het nie krag nie.

“Die Gypsy King gaan planke toe en hy gaan nie hierdie keer opstaan nie.”

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.