Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wilder is bang vir my, sê Tyson Fury

Dit sal die Amerikaanse bokser Deontay Wilder baie geld kos as hy eerder teen die wenner van die komende geveg tussen Andy Ruiz en Anthony Joshua wil boks as teen hom, sê Tyson Fury.

Fury het reageer op berigte dat Wilder hom wil vra om vir eers opsy te staan sodat hy teen Ruiz of Joshua kan boks.

Tyson Fury soek Deontay Wilder se bloed. Foto: Getty Images

“Hy is vreesbevange om teen die Gypsy King (Fury se bynaam) te boks,” het Fury aan CBS gesê.

“Hy kon my nie klop toe ek my terugkeer tot die kryt gemaak het ná ek vir drie jaar gedrink en dwelms misbruik het nie, hoe gaan hy dit nou regkry wanneer ek behoorlik fiks is?

“As hulle wil hê ek moet eenkant toe staan, gaan hulle duur betaal.”

Fury en Wilder is veronderstel om in Februarie teen mekaar te boks.

Albei boksers moet egter eers hul volgende gevegte wen. Fury boks eerskomende naweek teen Otto Wallin en Wilder pak Luis Ortiz in November.

– Sportredaksie

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.