Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wilder moet besluit oor herontmoeting

Die voormalige swaargewigkampioen van die Wêreldboksraad (WBR), Deontay Wilder, het tot 23 Maart tyd om te besluit of hy weer teen Tyson Fury wil boks.

Deontay Wilder bevind hom op sy sitvlak in sy geveg die naweek teen Tyson Fury. In die agtergrond is die skeidsregter Kenny Bayless. Foto: AP

Die Amerikaner het ’n klousule in sy kontrak vir sy geveg die afgelope naweek in Las Vegas teen Fury gehad wat lui dat hy 30 dae tyd het om nog ’n geveg teen die Brit af te dwing indien hy sou verloor.

Fury het die Amerikaner behoorlik afgeransel om met ’n tegniese uitklophou in die sewende ronde te wen.

Die voormalige kampioen se afrigters was ná die geveg met mekaar haaks oor die uitslag. Mark Breland, ’n hulpafrigter, het die handdoek ingegooi en Jay Deas, die hoofafrigter, wou gehad het Wilder moes langer baklei.

Wilder is ná die geveg hospitaal toe geneem waar daar steke in sy oor gesit is. Sy oordrom was glo nie gebars nie, maar die Amerikaner het maar bra van balans gelyk nadat Fury hom in die derde ronde teen die oor geslaan het.

Daar word ook gewag vir meer inligting oor Wilder se woorde dat hy reeds voor die geveg die een of ander probleem gehad het.

Fury sê hy glo Wilder sal weer teen hom wil veg. Die nuwe kampioen is ook oortuig daarvan dat daar baie belangstelling in so ’n geveg sal wees.

Twee Britte, Tyson Fury en Anthony Joshua (bo) is nou die groot menere in die swaargewigafdeling. Foto: Getty Images

Eddie Hearn, Anthony Joshua se promotor, stem egter nie saam met Fury nie. Hy voel Fury het Wilder so oorheers dat dit nie nodig is vir nog ’n geveg tussen die twee boksers nie.

Hearn wil hê Fury moet teen Joshua boks sodat daar net een swaargewigkampioen in die wêreld kan wees.

Joshua is die kampioen van die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksorganisasie en die Internasionale Boksfederasie.

– BBC, The Guardian, metro.co.uk, SkySports

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.