Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wilder sê Fury het ‘slaansak’ gewen
Deontay Wilder het Tyson Fury se vertoning in die naweek teen Tom Schwarz as niksseggend afgemaak. Foto: Getty Images

Die swaargewigbokskampioen Deontay Wilder het eindelik sy mening gelug oor sy aartsvyand Tyson Fury se vertoning die afgelope naweek teen Tom Schwarz.

Fury het Schwarz met ’n tegniese uitklophou in die tweede ronde in Las Vegas verslaan, maar Wilder, die Wêreldboksraad se kampioen, was nie beïndruk nie.

“Dit was ’n so-so-vertoning,” het Wilder volgens The Express aan The Athlete gesê.

“Dit was nie veel van ’n teenstander nie. Hy (Schwarz) was ’n slaansak. Ek dink hy het net vier houe geplant.”

Frank Warren, Fury se promotor, het aan talkSPORT gesê Fury sal in September of Oktober weer in aksie wees.

“Dit sal in New York teen iemand wees wat hoog op die ranglys is en dan sal ons berge versit om ’n herontmoeting met Wilder te reël,” sê Warren.

* Junior Makabu, ’n Kongolees wat al vir jare in Suid-Afrika woon, het intussen hierdie naweek ’n groot tree nader aan ’n wêreldtitelgeveg gegee.

Junior Makabu op pad na sy puik oorwinning oor Dmitry Kudryashov in Ekaterinburg, Rusland. Foto: Getty Images

Makabu het Dmitry Kudryashov in Rusland in ’n dramatiese geveg met ’n tegniese uitklophou in die vyfde ronde verslaan.

Kudryashov het Makabu ook ’n paar keer met harde houe geskud, maar Makabu het oorleef om sy bebaarde teenstander te verslaan.

Makabu kan danksy dié oorwinning iewers vorentoe ’n kans kry om vir die vakante juniorswaargewigtitel van die Wêreldboksraad te baklei.

* In Kaapstad het die Suid-Afrikaanse ligswaargewigkampioen, Nicholas Radley, ’n indrukwekkende vertoning gelewer toe hy Frank Rodrigues met ’n tegniese uitklophou in die 12de ronde verslaan het.

Radley het koelkop gebly en sy langer arms gebruik om Rodrigues op ’n afstand te hou.

Toe die kanse opduik, het hy Rodrigues eers teen die einde van die 11de en toe aan die begin van die 12de ronde platgeslaan.

Nicholas Radley, die Suid-Afrikaanse ligswaargewigkampioen. Foto: Facebook

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Tom Schwarz  |  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.