Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Wilder steel Joshua-hulle se kollig

Niemand kan die Amerikaanse swaargewig-bokskampioen Deontay Wilder daarvan beskuldig dat hy ’n papbroek is nie.

Kort voordat die ander twee groot kanonne in die swaargewig-afdeling, die Britte Anthony Joshua en Tyson Fury, teen ietwat minderwaardige teenstanders gaan boks, het Wilder hulle in die skadu gestel.

Luis (King Kong) Ortiz (regs) het Deontay Wilder verlede jaar in Maart goed gewiks voordat Wilder hom planke toe gestuur het.Foto: Getty Images

Die Amerikaner met die dodelike vuiste het pas aangekondig dat hy in September weer teen die Kubaan Luis (King Kong) Ortiz gaan boks.

Wilder het Ortiz verlede jaar met ’n tegniese uitklophou in die tiende ronde verslaan in ’n geveg waarin hy gereeld op die agtervoet was.

Joshua boks Saterdag in New York teen die oorgewig Mexikaan Andy Ruiz en Fury kom twee weke later in Las Vegas teen die onbekende Duitser Tom Schwarz te staan.

Plaaslike boksliefhebbers kan hulle intussen ook regmaak vir ’n swaargewigtitelgeveg wat op 23 Junie sal plaasvind.

Ruann Visser verdedig dan sy Suid-Afrikaanse en Wêreldboksraad-Afrika-titels in die Sun Arena Times Square in Pretoria teen Justice Siliga.

Die week voor dit pak nog twee plaaslike swaargewigte, Tian Fick en Josh Pretorius, mekaar in die Sunningdale-sportkompeks in Kaapstad.

Twee ander toernooie waarna uitgesien kan word, vind Saterdag en op 8 Junie plaas.

Saterdag pak die middelgewigte Nkuleko Mhlongo en Wade Groth mekaar in die hoofgeveg van ’n toernooi wat op die Turffontein-perderenbaan in Johannesburg gehou word.

En op 8 Junie sal die vonke spat wanneer Kevin Lerena sy junior swaargewigtitel van die Internasionale Boksorganisasie in Emperors Palace in Kempton Park teen die Tsjeg Vasil Ducar verdedig.

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Tyson Fury  |  Ruann Visser  |  Anthony Joshua
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.