Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
WP wil aandeel in instituut verkoop

Die Westelike Provinsie Rugbyunie wil sy aandeel in die Sportwetenskapinstituut (SSI), aangrensend aan die Nuweland-stadion, verkoop om van sy skuld te delg.

Zelt Marais

Rapport verneem die WP oorweeg dit om sy aandeel van 3% in die instituut te verkoop nadat hy ’n aanbod van ’n Amerikaanse konglomeraat, Nantworks, gekry het vir meer as drie keer die geskatte waarde van sy aandeel. Die meerderheidsaandeel in die instituut word deur die Universiteit van Kaapstad (UK) besit.

Daar is glo gehoop dat die transaksie goedgekeur sou word, maar Rapport verneem ’n vergadering met die WP se klubs het vandeesweek in ’n chaos ontaard en ná ses ure was daar nog geen besluit geneem nie.

Volgens een klub was die eerste agendapunt – die verwelkoming – só vol beskuldigings dat dit twee uur geneem het om na die tweede agendapunt oor te gaan.

Rapport het ’n brief gesien van dr. Mandla Moyo, waarnemende uitvoerende hoof van die SSI, wat aan die WP se president, Zelt Marais, gestuur is en die omvang van die aanbod omskryf. Volgens die brief is die aanbod meer as drie keer die geskatte waarde van R5 miljoen.

Rapport verneem die WP se sakevleuel is ná die afgelope boekjaar meer as R50 miljoen in die rooi, en die geld sal gebruik word om daardie gat gedeeltelik te probeer toestop.

Ingevolge die transaksie sou WP sy notariële huurkontrak van 99 jaar oor die gebou aan die Amerikaners moes oordra. Die SSI sal steeds voortgaan met sy werk, maar Nantworks beoog om die SSI te omskep in ’n sentrum vir navorsing oor en die behandeling van onder meer MIV, Covid-19, kanker en Alzheimer se siekte.

As die WP besluit om sy aandeel te behou en die UK sy aandeel verkoop, sal die WP steeds ’n maandelikse inkomste van R63 000 ontvang.

As die WP besluit om nie sy aandeel te verkoop nie, en ook weier dat die UK sy aandeel verkoop, sal die transaksie waarskynlik misluk. Marais wou nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Zelt Marais  |  Verkoop  |  Skuld  |  Westelike Provinsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.