Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Amerikaners knip nou kullers se vlerke
Pres. Donald Trump

Pres. Donald Trump van Amerika het ’n wet onderteken wat die VSA die volmag gee om enige persoon te vervolg wat tydens internasionale byeenkomste positief getoets word vir verbode middels.

Die wet is genoem is na Grigory Rodchenkov, die fluitjieblaser wat die Russiese staatsondersteunende opkikkerprogram oopgevlek het.

Dit is daarop gemik om afrigters, agente en beamptes, eerder as atlete, se vlerke te knip.

Oortreders kan tot tien jaar tronkstraf kry en ook met $1 miljoen (sowat R15,2 miljoen) beboet word.

Die wet is in November onbestrede deur die Amerikaanse senaat goedgekeur. – Voice of America

Meer oor:  Verbode Middels  |  Donald Trump  |  Vsa  |  Opkikkers  |  Wet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.