Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Zarco stuit Fabio se lopie op rooster
Pramac Ducati se Johann Zarco Saterdag in aksie in sy kwalifiserende rondte vir die Duitse MotoGP.Foto: Getty Images

Pramac Ducati se Johann Zarco het sy Franse landgenoot Fabio Quartararo se lopie van vyf opeenvolgende voorste wegspringplekke in die MotoGP-motorfietsreeks Saterdag beëindig.

Zarco sal sy Ducati Sondag in die Duitse Grand Prix in die eerste posisie parkeer, nadat hy in Saterdag se kwalifiserende rondte die vinnigste tyd van 1 minuut 20.236 sekondes behaal het.

Die voorste wegspringplek, sy eerste sedert verlede jaar se Tjeggiese GP, was so byna in sy peetjie nadat sy ysterperd reg teen die einde van die laaste oefenrondte in die vierde draai die baan verlaat het.

Quartararo het egter sy landgenoot se goeie vertoning geëer deur nie aan sy laaste oefenrondte deel te neem nie en gelate sy tweede wegspringplek te aanvaar.

“Ek is baie opgewonde en bly oor die vertoning. Ek kon uiteindelik die beste vertoning uit die bande haal,” het Zarco Saterdagmiddag gesê.

Ek wou steeds die motorfiets so hard as moontlik druk in die laaste rondte, maar het beheer oor die voorband verloor en kon nie die fiets op die baan hou nie.
Johann Zarco

“Ek wou steeds die motorfiets so hard as moontlik druk in die laaste rondte, maar het beheer oor die voorband verloor en kon nie die fiets op die baan hou nie.”

Aleix Espargaro het sy hoop op ’n podiumplek verstewig deur die derde vinnigste tyd tydens kwalifisering op te stel.

Derhalwe kry die Aprilia-span so sy eerste plek onder die voorste drie wegspringers sedert die Australiese GP in 2000.

Ducati se Jack Miller, tans derde op die puntelys, spring in posisie nr. 4 weg, voor Repsol Honda se sesmalige kampioen Marc Marquez, wat die Duitse GP al tien keer vantevore gewen het.

Quartararo se Yamaha-spanmaat, Maverick Vinales, sal Saterdag se kwalifisering uit sy geheuebank wil wis. Hy sal Sondag in die 21ste plek wegspring.

Die legendariese Italiaanse jaer Valentino Rossi het darem beter gevaar op die rug van sy Petronas SRT Yamaha, en sal uit die 16de plek sy pad moet oopveg na voor.

Brad Binder

Hy is een posisie beter as die heersende wêreldkampioen, Suzuki se Joan Mir.

Quartararo is tans die voorloper op die puntelys in aanloop tot Sondag se ren op die Sachsenring. Sy 115 punte is 14 meer as Zarco.

Suid-Afrika se Brad Binder spring in ’n verdienstelike 13de plek in die saal van sy Red Bull KTM weg . – Reuters

Meer oor:  Brad Binder  |  Duitsland  |  Grand Prix  |  Motorfietse  |  Motogp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.