Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Rugbybuksies: ’n Spesie aan die uitsterf?

Negatiewe persepsies oor kleiner rugbyspelers het my nog altyd ietwat geïrriteer, want daar was al talle kleintjies wat hulle uitsonderlik goed op die hoogste vlak laat geld het.

Van hulle, soos die voormalige Springbok Breyton Paulse, die Fransman Christophe Dominici en die Wallieser Shane Williams, het in hul eras onder my gunstelingspelers getel.

Seabelo Senatla is ’n superster in sewesrugby, maar gaan sy klein statuur hom toelaat om ’n soortgelyke impak op 15-man-rugby te hê? Foto: Gallo Images

Toenemend moet ek egter erken dat hulle ’n bedreigde spesie in moderne agterlyne kan raak. Dalk is daar plek vir een 80 kg-blits in jou agterlyn, maar deesdae, benewens op skrumskakel, bekommer enige speler onder 90 kg my.

Met die verloop van die jare het die kontakelement al hoe groter geraak en dis opvallend dat daar deesdae so versigtig omgegaan word met harsingskudding.

Elke nuwe geval daarvan laat my dink aan dié woorde van Will Smith in die fliek Concussion: “God did not intend for us to play football.”

Dié kwessie pla my veral wanneer ek Suid-Afrikaanse spanne se kanse op sukses in die Super-reeks opweeg. Met die uitsondering van die Franse, het waarskynlik geen ander rugbynasie ons voorliefde vir konfrontasie nie, maar ons buiteagterspelers is waarskynlik nie fisiek genoeg vir daardie mentaliteit nie.

Die Jaguares se Ramiro Moyano is tot dusver die enigste speler wat minder as 90 kg weeg wat vier drieë in vanjaar se Super-reeks kon druk, maar drie daarvan was teen die Cheetahs.

Natuurlik is daar ook ander kwessies ter sprake soos spelers se vermoë om balbesit in kontak te kan behou en hulle by die afbreekpunte te laat geld. Dít alles maak dit al hoe moeiliker vir die kleintjies en ook spanne wat nie genoeg grotes het nie.

Met dit alles in gedagte kan ek nie help om te wonder hoe die Blitsbok Seabelo Senatla die oorgang na Superrugby-speler gaan maak nie. Is daar goeie rede om te dink dat hy ’n span naastenby soveel sal kan bied as ’n Waisake Naholo of ’n Julian Savea?

In ’n mate glo ek ook teenstanders het teenvoeters vir Cheslin Kolbe, die Stormers se ander blitsbuks, gevind.

Sal Senatla ooit, soos in sewesrugby, as die beste speler ter wêreld gereken word? In Senatla se geval vermoed ek die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) hoop dat hulle sy bemarkingspotensiaal kan ontgin.

Moet geen fout maak nie, ek dink hy kan baie waarde bied, maar vernaam as ’n impakspeler. Dit sal my verbaas indien hy, as vleuel in die beginspan, die vlak van byvoorbeeld ’n Courtnall Skosan (kyk die nasionale keurders rugby?!) bereik.

In ’n mate glo ek ook teenstanders het teenvoeters vir Cheslin Kolbe, die Stormers se ander blitsbuks, gevind. Dit is egter deels omdat hy om die een of ander rede dikwels kontak gaan soek wanneer hy vanuit die laaste vesting met die bal begin hardloop.

Terwyl die Westelike Provinsie onder kritiek deurgeloop het omdat hy toegelaat het dat Kolbe ’n kontrak met Toulouse sluit, bestaan daar moontlik tog ’n gevoel dat hulle goeie sake gedoen het. Kolbe verdien glo meer as R2 miljoen per seisoen, terwyl Gert Smal, die WP se direkteur van rugby, in SP Marais ’n heelagter met ’n bietjie meer spiere en dalk selfs vernuf vir ’n appel en ’n ei bekom het.

Dieselfde geld die aanwins van die Springbok-vleuel Bjorn Basson – nie ’n swaargewig nie, maar ’n man wat onder die hoë bal en sy gepaardgaande vermoë om goed af te rond ietsie unieks bied. Dit was onder finansiële druk goeie kontraktering en gegewe die neigings in die spel dalk ook skuiwe wat op lang termyn tot voordeel van die Stormers sal strek.

Meer oor:  Stephen Nell  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.