Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Skuimkop: 1 bier, 1 vodka, 1 nagrus
Ben Stokes en sy vrou, Clare, vorm ’n strak prentjie buite die hof in Bristol. Foto: Getty Images

Dit gebeur skynbaar altyd by ’n nagklub en altyd in die middernagtelike ure, wanneer jou soet spanmaatjies reeds in hul hotelkamers besig is om te droom oor daardie honderdtal of die wendrie in die doodsnikke.

As ’n reël moet sportsterre dus die eenvoudige mantra nastreef: As jy dan móét drink, doen dit in ’n plek waar jy nie moeilikheid kan soek of kan kry nie. Soos in jou hotelkamer. Of by die huis.

Of nog beter, drink eerder helder oordag, want dan is die kans groter dat jy nugter(der) gaan bly en onsmaaklike situasies kan ontlont, sou dit opduik.

Skuimkop verwys natuurlik na die Engelse krieketspeler Ben Stokes, wat in ’n hofsaak gewikkel is nadat hy – ja, reg geraai – in die middernagtelike ure by ’n nagklub in Bristol bôlle gerol het ná ’n onderonsie met twee ouens wat die Mbargo-klub besoek het.

Stokes is op 25 September 2017 in hegtenis geneem nadat hy die twee ouens net buite die klub katswink geslaan het. Nou word die sportster se vuil wasgoed in die openbaar uitgehang.

Een bier ná Engeland se wedstryd, toe nog “twee of drie” tydens ete saam met sy vrou en spanmaats. Dis net hier waar hy en Clare moes gaan lepellê het in hul hotelkamer. Maar nee. Hy, Alex Hales, Jake Ball en Jimmy Anderson het ná die spys en drank die middestad in taxi’s ingevaar.

Een bier ná Engeland se wedstryd, toe nog “twee of drie” tydens ete saam met sy vrou en spanmaats. Dis net hier waar hy en Clare moes gaan lepellê het in hul hotelkamer.

Eers “vyf of ses” sopies vodka by Mbargo, toe nog van dieselfde by Pryzm, ’n ander nagklub. Hierna is hy en Hales terug Mbargo toe. Waarom, op dees aarde?

Dit het hierna in die landdroshof in Bristol in ’n tipiese “hy-sê-sy-sê”-situasie ontvou. Stokes pleit onskuldig – natuurlik.

Feit van die saak is, video-opnames wys hy het twee ouens buite die klub uitgeslaan.

Stokes, ’n man met soveel tatoeëermerke op sy arm dit lyk of hy met ’n nat uitgawe van Die Burger geslaan is, moet weer gaan kyk wat op sy lyf geskryf staan.

Op die een arm lees ’n mens: “Being the best you can be is only possible if you desire to be a champion and your fear of failure is non-existent.

Op die ander een: “May people respect you/Trouble neglect you/Angels protect you/Heaven accept you”.

* Dalk moet hy eerder ’n motiverende boodskap soos “Bly nugter, bly in beheer” oorweeg. Of “een bier, een vodka, een nagrus”.

Rassie Erasmus, Bok-breier, moet plan maak voor die komende Rugbykampioenskapsreeks. (Gallo Images)

Wie swaai die septer?

Dit wil voorkom of die Suid-Afrikaanse Rugbyunie al hoe meer na die pype van Engelse klubs moet dans.

Met die Rugbykampioenskap om die draai – die Springbokke se grootste uitdaging voor 2019 se Wêreldbeker-toernooi – is dit teleurstellend om te verneem dat Rassie Erasmus, die nasionale afrigter, waarskynlik sonder ’n paar staatmakers in van die toetse in die vierhoekige reeks moet klaarkom.

Die name van Willie le Roux (Wasps) en Faf de Klerk (Sale) word genoem. Die twee sleutelspelers in die agterlyn sal iewers in die reeks vir hul klubs moet diens doen.

Die Bokke is reeds verswak met Duane Vermeulen wat die reeks gaan misloop om vir die Kubota Spears in Japan te speel. Daar is boonop onsekerheid of Francois Louw (Bath) enduit beskikbaar gaan wees.

Wie swaai nou eintlik die septer? Wêreldrugby se regulasies bepaal dat spelers binne die toetsvenster vir hul lande beskikbaar moet wees. Dit word nou skynbaar deur oorsese klubs ondermyn.

Nou vra Skuimkop: Wie swaai nou eintlik die septer? Wêreldrugby se regulasies bepaal dat spelers binne die toetsvenster vir hul lande beskikbaar moet wees. Dit word nou skynbaar deur oorsese klubs ondermyn.

Die Bokke kan nie bekostig om sonder van hul eerstekeuse-spelers reuse soos Nieu-Seeland en Australië te takel nie.

* Loesings of onoortuigende vertonings teen die twee spanne en ook die taai Argentyne kan die span se selfvertroue knou voor die skouspel in Japan aan die beurt kom.

Meer oor:  Ben Stokes  |  Rassie Erasmus  |  Kaapstad  |  Bristol  |  Krieket  |  Hofsaak  |  Rugbykampioenskap  |  Skuimkop  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.