Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
(Nag)Merry Krismis vir Proteas?
Chris Nenzani (links) en Beresford Williams. Twee eerbare mense wat die belang van krieket eerste op hul verskuilde agendas plaas . . . sê hulle ma’s.Foto: Gallo Images

Miskien moet Skuimkop maar solank voorbrand maak vir die vertoning van die Proteas in die krieketreeks teen Engeland, wat eersdaags ter plaatse beslis word.

Die vooruitsigte, kan ’n mens met betreklike sekerheid voorspel, lyk gewis nie goed nie.

Engeland sal moerig hier aanland ná Nieu-Seeland hom nou kort gelede op stadige tuisblaaie uitoorlê het om die toetsreeks met 1-0 te beklink.

Hy kom boonop met ’n versterkte span.

Daai gevaarlike gemmerkat Jonny Bairstow is as paaltjiewagter-kolwer in die toergroep. Boonop is die Wêreldbeker-held Ben Stokes fiks en aan boord.

So ook die veteraan-sneller Jimmy Anderson en Mark Wood en hul insluiting wys die besoekers lek hul lippe af vir ons lewendiger blaaie. Saam met Jofra Archer, Chris Woakes, Chris Broad en Sam Curran is daar nie ’n tekort aan spoed in die boulafdeling nie.

Maar dit, gewaardeerde leser, is letterlik die kleinste van ons probleme.

Hoekom, sou jy straks hardop wonder.

Want, Suid-Afrika moet eers tipe van ’n funksionele span kies, wat soort van weerstand teen dié aanslag kan bied. Ondanks regverdigbare kommer oor ons topkolwers se huidige peil.

En voor dít kan gebeur, moet daar eers tipe van ’n “tussentydse” keurkomitee wees. En iemand wat “voorlopig” as sameroeper van dié wyses sal dien. O ja, en natuurlik die “tussentydse” afrigter wat aangewys moet word.

Dis nog ’n ding wat Skuimkop skrale hoop gee vir die komende reeks: elke aanstelling sedert die swanesang van Thabang Moroe as Krieket SA se grootbaas, kom met ’n waarskuwing, soos die fynskrif wat jy onder “Bepalings en voorwaardes” in ’n kontrak sal raaklees as jy mooi gaan soek daarvoor.

Asof die kandidate – Graeme Smith as “tydelike” direkteur van krieket, Jacques Faul, as “waarnemende” uitvoerende hoof – iets weet wat ons nie reeds weet nie.

Die waarheid is dat niemand tans iets weet nie.

Biff Smith moet soos in nou die wiele aan die rol kry. Daar is sterk sprake dat Mark Boucher die Proteas vir eers gaan lei en dat Jacques Kallis as ’n kolfkonsultant ingespan gaan word. Dít alles word Saterdag bekend gemaak.

Nie een van dié swaargewigte, kan Skuimkop julle egter nou al for free sê, gaan egter permanente poste in KSA-geledere aanvaar as daar nie van bo af vérder skoongemaak word nie.

Nie een van dié swaargewigte, kan Skuimkop julle egter nou al for free sê, gaan egter permanente poste in KSA-geledere aanvaar as daar nie van bo af vérder skoongemaak word nie.

Die Proteas is Standard Bank reeds volgende seisoen as borg kwyt. Momentum is volgende, as daar nie gehoor gegee word aan sy ultimatum nie. En dié is eenvoudig: die hele uitvoerende raad van KSA moet bedank en, indien nie, ten minste sy voorsitter, Chris Nenzani, en dié se regterhand, Beresford Williams.

Die beheerliggaam Krieket Suid-Afrika het die spel in Suid-Afrika in die steek gelaat. Die onbevoegde Moroe is vaarwel gewuif, maar daar is steeds vele vrot appels in die vrugtebak.

* Met dít in gedagte sien die Engelse reikhalsend uit na die toetsreeks, wat op 26 Desember in Centurion begin. “We wish you a (nag)Merry Christmas,” sing hulle uit volle bors.

Die man met die plan. Neil Powell, Blitsbok-breier, neem ’n blaaskansie. Maar net vir ’n paar minute.Foto: Gallo Images

Blitsles

Ongeag die verloop van die Blitsbokke se veldtog dié naweek in Wêreldrugby se sewesreeks in Kaapstad, moet ’n mens lof toeswaai waar dit toegeswaai moet word.

Neil Powell, die Blitse se breier, verdien ’n standbeeld. Of ’n verhoging. Of albei.

Hy bestuur die nasionale sewesspan soos die uitvoerende hoof van ’n suksesvolle maatskappy (nie soos Thabang nie, met ander woorde).

Die Blitse staan elke nou en dan hul grootste sterre aan die vyftienmankode af, maar via die akademie is daar ’n konstante stroom van talentvolle jong spelers wat honger is om die tree na die internasionale verhoog te gee.

Powell, Marius Schoeman (akademiehoof) en kie het hul vinger op dié pols.

Skuimkop hoop die nasionale krieketspan neem ’n blaadjie uit die Blitse se boek. Ook uit hul boeties s’n, die heersende wêreldkampioen (bly maar lekker om dit te kan sê, nè!).

Julle is uitgelewer aan die ghwarre se wanadministrasie, collateral damage, soos die Engelsman sou sê.

Oor wat in die binnekamers en raadsale gebeur het, Faf, het jy en jou Protreas geen beheer gehad nie. Julle is uitgelewer aan die ghwarre se wanadministrasie, collateral damage, soos die Engelsman sou sê.

Soet sal die wraak wees as julle in die oog van dié storm die rug styf maak, elke greintjie talent en geesdrif inspan en terugveg in die reeks teen die Engelse.

* Die wedsyfers lyk nie goed nie. Maar buiteperde wat wen, word lank onthou.

Meer oor:  Thabang Moroe  |  Graeme Smith  |  Krieket  |  Ksa  |  Blitsbokke  |  Skuimkop  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.