Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Tyson-sage herinner aan ‘Spud’-reeks

Tyson Fury teen Mike Tyson? Regtig? Ek meen, régtig?

Verbeel jou die slagting: Mike Tyson teen Tyson Fury! Foto: Getty Images

Die Mike Tyson-sage raak nou soos daardie gewilde Spud-boekreeks van John van de Ruit en meer spesifiek die boek Spud: The Madness Continues.

Elke dag is daar ’n nuwe brokkie waansinnige “nuus” – Tyson gaan weer teen Evander Holyfield boks, Tyson gaan teen Shannon Briggs in ’n kaalvuisgeveg optree, ensovoorts, ensovoorts.

Nou het Tyson Fury aan BT Sport gesê hy het óók ’n oproep van “Tyson se mense” oor ’n moontlike geveg teen Iron Mike gekry.

“Ek het ’n telefoonoproep gekry. ‘Sal jy daarvan hou om teen Mike Tyson in ’n vertoongeveg te boks?’ Ek het gesê: ‘Hel, ja!’ Maar ek dink nie dit sal gebeur nie,” het Fury volgens ESPN gesê.

Dis reg, Mike, hou liewer net aan met stap. Stap so ver weg as wat jy kan van Tyson Fury af, ou maat. Foto: Getty Images
Spud: The Madness Continues. Dit klink amper soos Mike Tyson se terugkeer na die bokskryt.

’n Paar weke gelede, kort nadat Tyson aangekondig het dat hy aan ’n paar vertoongevegte wil deelneem om geld vir minderbevoorregtes in te samel, het Fury se pa, John, hand opgesteek om self teen Mike te boks.

Mike het duidelik nie eens gedink dis die moeite werd om op John Fury se uitdaging te reageer nie.

Mike mik skynbaar baie hoër. Hy stel nie eens in ’n derde geveg teen Holyfield belang nie, maar is glo bereid om die huidige swaargewigkampioen van die Wêreldboksraad, Tyson Fury, aan te vat.

Al sal dit in ’n vertoongeveg wees, moet ’n mens dan vir Mike se lewe begin vrees.

Op 53-jarige ouderdom is dit moeilikheid soek om teen iemand soos die 31-jarige Tyson Fury, wat op die kruin van sy boksloopbaan is, in die kryt te klim.

Die mense gaan nie tevrede wees as die twee manne mekaar liefies tik nie.

Die vraag is in elk geval of Mike weet hoe om nie aggressief in ’n bokskryt te wees nie.

En as hy laat waai, dan gaan Fury terugslaan. Dis nie ’n Rocky-fliek hierdie waarin die omie die jongman afstof nie.

En selfs al raak dit nie ’n straatgeveg nie, kan so ’n vertoongeveg in ’n verleentheid vir Mike ontaard.

Dis een ding om ’n paar sekondes lank soos ’n wilde dier te skynboks en ’n ander ding om selfs net vier rondes regtig teen ’n huidige superster te boks.

Mense vergeet hoe Mike teen die einde van sy boksloopbaan sy “Iron” verloor het en dat minder geroemde vegters soos Danny Williams en Kevin McBride hom pak gegee is.

Dit sal dalk beter wees as Mike vir sy vertoongevegte ’n bietjie laer mik. Of dan ten minste iemand pak wat nader aan sy ouderdom is.

Meer oor:  Sonny Bill Wil­Liams  |  Boks  |  Tyson Fury  |  Mike Tyson  |  Evander Holyfield
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.