Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
185 SA’ners ruk op na Tokio

Tokio speel van vandag af gasheer vir die Olimpiese Spele en die reënboognasie sal met ’n groep van 185 atlete, wat die 137 van Rio de Janeiro in 2016 uitstof, na Japan opruk met die hoop om nog toevoegings tot sy 86 vorige Spele-medaljes te maak.

BARCELONA, SPAIN - JUNE 06: Chad Le Clos of South
Chad le Clos, 100 m- en 200 m-vlinderslag.

Suid-Afrika het ’n totaal van 26 goue medaljes, 31 silwermedaljes en 29 bronsmedaljes in die verlede verower by sport se grootste skouspel.

Rio de Janeiro in 2016, Helsinki in 1952 en Antwerpen in 1920 het elk tien medaljes gelewer, terwyl Suid-Afrika in Londen in 2012 en in Stockholm in 1912 sy beste vertonings gehad het wat Olimpiese kampioene betref, met vier goue medaljes by albei van die byeenkomste.

Die klas van 2021 sal aan 17 van die 33 Olimpiese sporte deelneem.

Van 2016 se medaljewenners is net Wayde van Niekerk (atletiek), Chad le Clos (swem), Justin Geduld (sewesrugby), Lawrence Brittain (roei) en Henri Schoeman (driekamp) weer in aksie.

Van Niekerk, nog besig om sy beste peil te vind, sal alles in die stryd moet werp as hy weer op die podium wil staan in Tokio ná sy 400 m-wêreldrekord in Rio.

Die verdedigende kampioen kan egter nooit afgeskryf word nie, selfs al gee sy 44.56 sek. tans aan hom net die tiende plek op die wêreldranglys.

Nóg ’n groot podium-aanspraakmaker in atletiek is Akani Simbine. Hy het op 6 Julie die Afrika-rekord oor 100 m tot 9.84 sek. verbeter, die naasbeste tyd sover vanjaar.

Hy sal ook deel van die 4 x 100 m-aflosspan wees wat glorie sal teiken. Die viertal Thando Dlodlo, Gift Leotlela, Clarence Munyai en Simbine het goud by die Wêreld-aflosbyeenkoms verower in Mei. Dit was egter sonder verskeie van die voorste nasies, soos die VSA, Jamaika en Brittanje in aksie. Tog het die span se breier, Paul Gorries, ’n veel sterker groep om vanuit te kies as in Pole. Van Niekerk en die sensasionele Shaun Maswangan-yi kan moontlik hier ingetrek word en ’n hoër rat verskaf.

Rocco van Rooyen se uitstekende vertoningslys die afgelope paar maande maak van hom ook ’n buiteperd in die spiesgooi. Sy 85.97 m plaas hom onder die voorste agt in die wêreld.

Die Blitsbokke het in die 2016-’17- sowel as die 2017-’18-seisoen sewesrugby se wêreldkroon gedra. In 2018-’19 was hulle vierde en in 2019-’20 tweede. Dié span, onder kapteinskap van Siviwe Soyizwapi, sal hul bronsmedalje vyf jaar gelede wil opgradeer.

Tatjana Schoenmaker het in 2019 silwer gewen by die Wêreld-swemkampioenskap in die 200 m-borsslag. Nou sal ’n medalje by die Spele haar volgende doelwit wees.

Haar 2:20.17 sek. is net meer as ’n sekonde buite die wêreldrekordhouer van Denemarke, Rikke Pedersen, se 2:19.11 sek. Le Clos sal weer ’n faktor wees in die 100 m- en 200 m-vlinderslag.

Die roeiers – Brittain, John Smith, Sandro Torrento, Kyle Schoonbee, Jake Green en Luc Daffarn – kan ook gerus dopgehou word, terwyl Schoeman in die driekamp van voor sal lei.


GEBORG

Zinplex

zinplex

Die Zinplex-sportreeks is spesiaal geformuleer vir mans en vroue met ’n aktiewe leefstyl. Die Zinmag Sport-tablette bevat ’n spesiaal geformuleerde kombinasie van minerale en vitamiene en is voordelig vir die behandeling van spierkrampe. Dit help ook om die spiere se herstelproses na strawwe oefening te verbeter en spiere op te bou. Die Pre-Warm Up- en Cooling Down-jel is ideaal om vinnige herstel van spiere voor en na oefening te bevorder en die Anti-Chafe-room is fantasties om skaafplekke te voorkom gedurende sportaktiwiteite.

Karan Beef

karan

By Karan Beef is beesvleis van topklas-gehalte die sleutel tot hul sukses. Hulle is bekend vir hoë standaarde wat deurlopend gehandhaaf word in alle produkte wat die Karan Beef-handelsmerk dra.

Karan Beef is die topverskaffer van uitsonderlike beesvleis en beesvleisprodukte in Suid-Afrika.

Deur getrou te bly aan hul tradisionele waardes, volhoubare praktyke en moderne tegnologie, bly hulle die maatstaf in dié bedryf.

Hul smaaklike beesvleis is sag, sappig en liplek-lekker.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Sport  |  Tokio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.