Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
1ste trans-atleet se Spele eindig vroeg
Laurel Hubbard is ná die eerste ronde van die 87+ kg-swaargewig-afdeling uitgeboender. Foto: Getty Images

Die transgender gewigopteller Laurel Hubbard het nou wel Maandag Olimpiese geskiedenis gemaak, maar dié Nieu-Seelander het misluk met al drie haar pogings en is ná die eerste ronde van die 87+ kg-swaargewigafdeling uitgeboender.

Die 43-jarige Hubbard is die eerste openlik transgender atleet wat aan die Spele deelneem.

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het in 2015 die weg vir transgender atlete gebaan om aan Olimpiese vrouenommers deel te neem.

Die IOK het riglyne opgestel wat bepaal dat hul testosteroon-vlakke vir minstens 12 maande voor hul eerste kompetisie minder as 10 nanomoles per liter moet wees.

Laurel Hubbard is die eerste openlik transgender atleet wat aan die Spele deelneem. Foto: Getty Images

Hubbard, wat as ’n man deelgeneem voordat sy in 2013 haar geslagsverandering voltooi het, sê: “Ek weet ek het vanuit ’n sport-oogpunt nie die standaarde behaal wat ek van myself eis en wat my land van my verwag het nie.

“Maar ek is oneindig dankbaar vir die ondersteuning wat ek van die Nieu-Seelandse mense ontvang het.

“Ek wil die Nieu-Seelandse Olimpiese Komitee bedank, wat my deur baie moeilike tye bygestaan het.

“Ek besef my deelname aan hierdie Spele was nie sonder omstredenheid nie, maar dit was ’n wonderlike ervaring en ek is baie dankbaar.”

– Reuters


Meer oor:  Laurel Hubbard  |  Olimpiese Spele  |  Iok  |  Transgender
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.