Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
2 skiërs besmet met norovirus by Spele
Fabian Boesch het die norovirus in Suid-Korea opgedoen. Foto: Getty Images

Twee Switserse skiërs is die eerste bevestigde gevalle in vanjaar se Winter Olimpiese Spele in Pjeongtsjang, Suid-Korea, wat die hoogs aansteeklike norovirus opgedoen het, sê die Switserse Olimpiese span.

Die virus veroorsaak naarheid, maagpyn en diarree.

Meer as 200 mense by die Spele, meestal personeel, het reeds die virus opgedoen. Die twee Switsers is egter die eerste atlete wat daarmee besmet is.

Slegs een van die skiërs, Fabian Boesch, is geïdentifiseer, omdat die ander een se familie nog nie in kennis gestel is nie.

“Die ander is almal veilig. Ons het alles gedoen wat ons kon,” sê die span se woordvoerder. “Ons het hulle weggeneem van die res van die span en hulle moet nou herstel.”

Die twee atlete het die virus ’n paar dae gelede opgedoen en die simptome het al byna verdwyn. Daar bestaan steeds ’n kans dat hulle sal kan deelneem.

“Hulle is na ’n enkelkamer geneem en het geen kontak met die ander atlete gehad nie,” sê die Switserse span in ’n verklaring.

“Atlete wat die norovirus opgedoen het kan steeds deelneem as hulle genoeg herstel het, deur die Switserse mediese span getoets is, as alle voorkomende maatreëls nagekom is en die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gekonsulteer is.”

Die twee atlete se ski-afdeling by die Olimpiese Spele het op 9 Februarie begin en duur tot 23 Februarie. - Reuters

.

Meer oor:  Olimpiese Winterspele  |  Suid-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.