Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Paralimpiese Spele bly byna onveranderd

Die Paralimpiese Spele in Tokio se skedule sal feitlik dieselfde bly nadat dit weens die Covid-19-pandemie tot 2021 uitgestel is.

Die Ariake-arena in Tokio is een van die stadions wat tydens die Paralimpiese Spele gebruik sal word. Foto: Getty Images

Dié skouspel begin op 24 Augustus en sal op 5 September afsluit.

“Daar is geen groot veranderinge aan die skedule nie,” sê Hidemasa Nakamura, een van die Spele se reëlingsbeamptes, in ’n verklaring.

“Dit is ’n groot stap vir atlete om ’n vasgestelde skedule te hê.”

Die eerste medalje sal op 25 Augustus oorhandig word in die C13-afdeling se 3000 m individuele fietsry vir vroue. Die eindrondes van 63 items, wat rolstoel-rugby insluit, sal almal op 29 Augustus gehou word.

Die marathons vir mans en vroue sal op die laaste dag plaasvind.

Anders as by die Olimpiese Spele, waar dié twee items na Sapporo geskuif is weens kommer oor hitte, sal hulle by die Paralimpiese Spele steeds by Tokio se nuwe nasionale stadion gehou word.

Die skedule se veranderinge is meestal enkele skuiwe op die program wat die volgorde van sommige items betref en die begintyd van sommige van die kompetisies.

Net soos met die Olimpiese Spele, het die organiseerders dieselfde stadions en fasiliteite probeer behou as waar dit sou plaasvind indien dit vanjaar gehou kon word.

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) en plaaslike organiseerders het nog nie veel inligting bekend gemaak oor hoe die Olimpiese- en Paralimpiese Spele volgende jaar, te midde van die pandemie, gehou gaan word nie.

Wat wel bekend is, is dat verskeie scenario’s oorweeg word.

Dit sluit in dat net ’n beperkte aantal toeskouers en beamptes toegelaat sal word.

Mediese kenners het steeds hul bedenkinge oor of die twee hoogtepunte op volgende jaar se sportkalender wel sal kan plaasvind.

Sowat 11 000 atlete van 200 verskillende lande word by die Olimpiese Spele verwag, terwyl nagenoeg 4 400 atlete by die Paralimpiese Spele verwag word.

Die Paralimpiese Spele sluit 539 items en 22 sportsoorte in.

Dan het 4,5 miljoen kaartjies vir Olimpiese Spele reeds eienaars gekry.

Tot dusver is 1 000 mense in Japan aan Covid-19 dood, maar die afgelope paar weke het die syfers begin styg.

“Die situasie oor die koronavirus is nog onduidelik, maar die skedule is ’n groot stap in ons voorbereiding,” sê Nakamura.

Kyk hier na die Paralimpiese Spele se nuwe skedule. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio  |  Paralimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.