Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
2de atleet uit Spele weens opkikkers

Benik Abramyan, ’n gewigstoter van Georgië, is Dinsdag voorlopig geskors nadat hy by die Olimpiese Spele in Tokio positief getoets is vir ’n verbode middel.

Benik Abramyan Foto: Wêreldatletiek

Die 36-jarige Abramyan kon gevolglik nie meer Dinsdag aantree vir die kwalifiseringsronde van die gewigstoot-nommer nie.

Volgens die Internasionale Toetsagentskap (ITA) is Abramyan, wat ook in 2016 aan die Spele in Rio de Janeiro deelgeneem het, positief getoets vir steroïede.

Hy mag egter vra dat sy “B-monster” ook getoets word.

Abramyan is die Georgiese rekordhouer met ’n beste afstand van 21,11 m.

Hy is die tweede atleet wat in dié Spele positief vir opkikkers getoets is. Die eerste een is die Nigeriese naelloper en verspring-silwermedaljewenner in die 2008-Spele in Beijing, Blessing Okagbare. Sy is die naweek positief getoets vir ’n menslike groeihormoon. – Reuters; Insidethegames.biz

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Verbode Middels  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.