Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
2de goue Belinda Bencic nie beskore

’n Tweede goue medalje op die tennisbaan was Belinda Bencic van Switserland nie Sondag beskore by die Olimpiese Spele nie.

Bencic en Viktorija Golubic moes in die dubbelspel-eindstryd met silwer tevrede wees.

Die Tsjegge Barbora Krejcíková en Katerina Siniaková het die goue medalje in die vroue-dubbelspelafdeling verower.Foto: Getty Images

Die eerste gekeurde Tsjeggiese paar, Barbora Krejcíková en Katerina Siniaková, het hulle met 7-5, 6-1 in die eindstryd geklop.

Die Tsjegge is dubbelspelspesialiste. Hulle was onder meer vroeër vanjaar ook die wenners by die Franse Ope nadat hulle by die Australiese Ope die verslane finaliste was.

Krejcíková het weliswaar vooraf drie stelle benodig om Spanje (Paula Badosa Gibert en Sara Sorribes Tormo), Australië (Ash Barty en Storm Sandes) en die Russe (Veronika Kudermetova en Elena Vesnina) te klop.

Die 24-jarige Bencic was Saterdag die eerste gouemedaljewenner van Switserland in die enkelspel sedert Marc Rosset in 1992 koning gekraai het.

Die negende gekeurde het die Tsjeg Marketa Vondrousova in drie stelle met 7-5, 2-6, 6-3 in twee en ’n half uur verslaan.

Sy het haar sege agterna opgedra aan haar landgenote Roger Federer en Martina Hingis, wat wêreldtennis oorheers het, maar nooit enkelspel-goud by die Spele kon wen nie.

Sommige het gemor toe Bencic kort voordat Vondrousova moes afslaan – met die Switser 4-3 voor in die beslissende stel – behandeling vir ’n blaas aan ’n toon verlang het.

Toe spel uiteindelik hervat is, het sy ’n deurbraak op Vondrousovava se afslaan bewerkstellig en toe haar eie dien behou om die goue medalje te verseker. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tennis  |  Tokio  |  Belinda Bencic
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.