Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
7 nuwe Spele-items om meer vroue te betrek

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het bevestig sewe nuwe items is by die program vir die Winterspele in 2022 in Beijing gevoeg.

Daar sal meer vroueatlete aan die Winterspele in 2022 as ooit tevore deelneem. Foto: Getty Images

Supersport.com berig dit baan die weg vir die grootste verteenwoordiging van vroue by die skouspel.

Die IOK se uitvoerende raad het die jawoord gegee vir verskeie nuwe dissiplines, wat spanitems vir gemengde geslag insluit.

“Die toevoeging van hierdie nuwe items vir Beijing 2022 weerspieël ons deurlopende verbintenis tot jeugdiger en meer geslagsgebalanseerde Olimpiese programme,” sê Kit McConnell, IOK se direkteur van sport.

“Ek is in my skik om die toename van vroueatlete waar te neem, veral in sulke opwindende items.

“Ons stuur op dieselfde tyd die boodskap dat die grootte van die Winterspele direk aangespreek word.”

Die Spele in Beijing sal hiermee ’n toename in vrouedeelname van 41% in Pyeongchang tot 45,44% beleef.

Die sowat 1 314 vroueatlete sal in 46 items meeding.

Die totale getal atlete is met 41 verminder tot 2 892.

– Sportredaksie

Meer oor:  Iok  |  Winterspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.