Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
70% in peiling wil nie Spele in Tokio hê

Meer as 70% van mense wat aan ’n peiling van ’n Japanse nuusagentskap deelgeneem het, het aangedui dat hulle verkies dat die Olimpiese Spele weens die Covid-19-pandemie gekanselleer of op ’n ander tyd gehou word.

’n Groot aantal respondente in ’n peiling van ’n Japanse nuusagentskap voel nie gemaklik daarmee dat die Olimpiese Spele vanjaar in Tokio gehou word nie. Foto: Getty Images

Die Spele is gereël om op 23 Julie in Tokio te begin, maar baie mense is weens die onsekerheid oor die koronaviruspandemie skepties.

In Kyodo News se peiling meen 39,2% van die respondente dat die Spele gekanselleer moet word, terwyl 32,8% meen dit moet op ’n ander tyd gebeur. Slegs 24,5% meen dit moet voortgaan.

Noodmaatreëls, wat vir ’n maand sal geld, is Maandag in die hoofstad ingestel om ’n vierde vlaag van die virus te probeer voorkom.

Meer as 92,6% van die respondente het egter aangedui dat hulle angstig oor ’n styging in die infeksies is.

Hoewel Japan se inentingsprogram vir mense ouer as 65 Maandag begin het, is daar steeds ’n tekort aan entstowwe. Die vrees bestaan dat die tempo van inentings nie die jongste vlaag van infeksies in bedwang gaan bring nie.

Sowat 60% van die respondente het ook aangedui dat hulle ontevrede is met die manier waarop die regering die inentingsprogram hanteer. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele  |  Japan  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.