Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Amaglug-glug kry op sy baadjie
Takefusa Kubo word deur sy spanmaats omhels nadat hy Donderdag Japan se eerste doel in die Olimpiese sokkerkompetisie aangeteken het. Foto: Reuters

Ná ’n week se Covid-19-drama was die Suid-Afrikaanse o.23-sokkerspan die ene vreugde en verligting dat sy Olimpiese veldtog nie daardeur ontspoor is nie – maar die vreugde sou Donderdag van korte duur wees toe Japan hom in sy eerste wedstryd ore aangesit het.

Die Japannese het Suid-Afrika in albei spanne se eerste uitdaging van die Tokio-Spele met 1-0 verslaan. Dit word nie deur die telbord weerspieël nie, maar Japan het die kragmeting oorheers.

Die Amaglug-glug (soos die Suid-Afrikaners bekend staan) kon die Japannese met soms uitmuntende verdediging 71 minute lank teensit, maar die damwal het uiteindelik gebreek toe die 20-jarige Real Madrid-vleuel Takefusa Kubo die doelhok met ’n allemintige skoot gevind het.

Suid-Afrika se Teboho Mokoena swoeg om besit te behou, met Wataru Endo wat vasberade is om hom te ontsenu. Foto: Getty Images

Teboho Mokoena het sewe minute later ’n kans gehad om sake gelykop te maak toe hy die bal in hope ruimte gekry het, maar hy het die bal tot reg in die ope arms van Japan se doelwagter, Kosei Tani, gelanseer.

Die uitslag is ’n vroeë doodskoot vir die Suid-Afrikaners se ambisies om die uitspeelfase te oorleef, met taai stryde teen die gedugte spanne van Frankryk en Mexiko wat nou wag.

Veral die Mexikane is ’n span wat fyn dopgehou moet word. Hulle het Frankryk vroeër Donderdag met 4-1 verneder en as een van die gunstelinge in die kompetisie na vore te tree.

Amaglug-glug sal Sondag teen Frankryk speel en die kragmeting met Mexiko is volgende Woensdag.

Meer oor:  Teboho Mokoena  |  Japan  |  Tokio  |  Sokker Amaglug-Glug  |  Verloor  |  Olimpiese Spele  |  Openingstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.