Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Amptelik: 1ste transgender atleet op Spele

Die Nieu-Seelandse gewigopteller Laurel Hubbard is amptelik die eerste transgender atleet wat vir die Olimpiese Spele gekies is.

Die Nieu-Seelander Laurel Hubbard sal op die Olimpiese Spele teen vroue deelneem – nege jaar ná ’n geslagsverandering. Foto: Getty Images

Die Kiwi’s het Hubbard ingesluit by hul vroue-gewigoptelspan vir die sportskouspel in Tokio nadat die kwalifiseringsvereistes onlangs aangepas is.

Hubbard (43) is gebore as Gavin en het tot op 35-jarige ouderdom as ’n man geleef. Sy het voor haar geslagsverandering in 2013 in die mansafdeling meegeding.

Hubbard se deelname aan die Spele is uiters omstrede.

Die Belgiese gewigopteller Anna van Bellinghen sê sy verstaan dis “onmoontlik” om almal tevrede te stel in die debat oor transgender atlete in sport, maar meen steeds die toelating van Hubbard in vanjaar se Spele is ’n “swak grap” vir vroueatlete.

Tuaopepe Jerry Wallwork, grootbaas van Samoaanse gewigoptel, meen die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) kan atlete dan netsowel toestemming gee om opkikkers te gebruik omdat die beheerliggaam die Nieu-Seelander toelaat om in die vroue-afdeling in Tokio deel te neem.

Laurel Hubbard in 2018 by die Statebondspele. Foto: Getty Images

Maar daar is ook diegene wat ’n beroep doen vir meer inklusiwiteit by die Spele.

“Ek voel dankbaar en nederig oor al die goedheid en ondersteuning wat ek by so baie Nieu-Seelanders ontvang,” sê Hubbard.

Sy sal in Tokio deelneem in die vroue se 87 kg-kategorie.

Hubbard is sedert 2015 kiesbaar vir die Spele, toe die IOK nuwe riglyne deurgevoer het wat transgender atlete toelaat om as vroue deel te neem mits hul testosteroonvlakke minstens 12 maande voor ’n kompetisie onder 10 nanomol per liter is.

Verskeie wetenskaplikes kritiseer hierdie riglyne en meen dit doen min om die biologiese voordeel te demp van diegene wat deur manlike puberteit is, veral wat been- en spierdigtheid betref.

Voorstanders vir transgender inklusiwiteit voer aan die proses van geslagsverandering verminder die voordeel noemenswaardig en dat die fisieke verskille tussen atlete beteken daar is nooit werklik ’n gelyke speelveld nie. – Reuters

Meer oor:  Laurel Hubbard  |  Olimpiese Spele  |  Iok  |  Transgender
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.