Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Argentyne klop Blitse om medaljestryd

Die Blitsbokke se hoop op sukses in die Olimpiese Spele is verydel toe Argentinië hulle Dinsdag in die kwarteindstryd geklop het.

Santiago Alvarez van Argentinië druk ’n drie met Branco du Preez wat probeer keer. Foto: Getty Images

Vir die grootste gedeelte van die wedstryd moes die wenspan met ses spelers oor die weg kom, en in die laaste paar sekondes van die kragmeting met slegs vyf. Tog het hulle met 19-14 gewen.

Selvyn Davids het die Blitsbokke se eerste drie gaan druk ná ’n goeie lopie deur Kurt-Lee Arendse. Kort daarna is Davids platgeloop met ’n ontoelaatbare duikslag deur Gastón Revol, wat beteken het dat die Argentyn met ’n rooi kaart van die veld afgestuur is. Davids is met ’n bloeiende neus van die veld af.

Oomblikke daarna het Argentinië geantwoord met ’n verdoelde drie. Kort daarna het die Argentyne hul tweede drie gaan druk, nadat die Blitsbokke nie balbesit op hul eie ingooi in ’n lynstaan kon verseker nie.

Effens teen die verwagting in was die telling teen rustyd 14-7 in Argentinië se guns. In die tweede helfte het die wenspan weer gaan druk, en toe in die laaste sekondes van die wedstryd word nog ’n Argentyn van die veld afgestuur en is ’n strafdrie aan die Suid-Afrikaners toegeken.

Die Blitsbokke het met ’n paar sekondes oor weer afgeskop, maar kon nie besit terugwen nie en Argentinië het die bal oor die kantlyn gesool.

Die Blitsbokke het deurgaans gesukkel met hul momentum, hulle het hanteerfoute gemaak, duikslae verbrou en etlike strafskoppe afgestaan.

Nieu-Seeland en Brittanje pak mekaar in die eerste halfeindstryd. Argentinië kom in die tweede halfeindstryd teen Fidji te staan.

• Ander uitslae van die kwarteindronde: Nieu-Seeland 21, Kanada 10; Brittanje 26, Amerika 21, Fidji 19, Australië 0.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Olimpiese Spele  |  Sewes  |  Neil Powell  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.