Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Atlete drink, oortree Covid-maatreëls

Die organiseerders van die Tokio-Spele ondersoek ’n groep atlete vir die gebruik van alkohol in die atletedorp en die oortreding van maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.

Die lewe in die Speledorp kan volgens verskeie atlete ‘vervelig’ wees. Foto: Getty Images

Die atlete is Vrydagaand betrap waar hulle in ’n park in die Speledorp gedrink het. Volgens Tosjiro Moeto, uitvoerende hoof van die Tokio-reëlingskomitee, is die polisie ontbied, maar dit is nie duidelik of hulle opgetree het nie.

“Ons ondersoek die saak. Ons sal die gepaste stappe doen gegrond op ons bevindings,” sê hy.

Moeto het nie besonderhede verskaf oor die getal atlete wat betrokke is of hul nasionaliteite nie. Die organiseerders het voorheen gesê atlete mag slegs alkohol gebruik as hulle alleen in hul kamers is.

Partytjies en drank is normaalweg ’n kenmerk van die lewe in die Speledorp. Atlete ontspan en vier fees ná jare se uitmergelende voorbereiding sodra hul byeenkomste eindig.

Maar omdat vanjaar se sportskouspel weens die Covid-19-pandemie sonder toeskouers en volgens streng maatreëls plaasvind, word atlete daagliks getoets en tot ’n bioborrel beperk. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.