Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Australië bied Spele in 2032 ’n 3de keer aan
Annastacia Palaszczuk, die premier van Queensland, hou die aankondiging vas wat sê dat Brisbane in 2032 die Olimpiese Spele sal aanbied. Foto: Getty Images

Brisbane is amptelik aangewys as die gasheer vir 2032 se Olimpiese Spele nadat die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) Woensdag oorweldigend ten gunste van dié Queenslandse stad gestem het.

Honderde mense het in die Australiese stad saamgetrek, waar die aankondiging op ’n groot skerm vertoon is en uitgebars van vreugde toe die aankondiging gemaak is.

Brisbane sal nou die derde Australiese stad wees wat ’n Olimpiese Spele aanbied nadat Melbourne in 1956 en Sydney in 2000 gasheer gespeel het.

Brisbane is van meet af aan as die gunsteling beskou en het verlede maand die goedkeuring van die IOK se uitvoerende raad gekry, wat basies die skouspel se bestemming in 2032 ’n uitgemaakte saak gemaak het.

Dit is eerstens oor die passie en liefde vir sport wat die Australiërs ten toon gestel het.
Thomas Bach

“Dit is eerstens oor die passie en liefde vir sport wat die Australiërs ten toon gestel het,” het Thomas Bach, IOK-president, luidens ’n verklaring gesê oor die besluit om Brisbane te kies.

Met Brisbane as die enigste kandidaat, het die aanloop tot die bekendmaking van die gasheerstad tekort geskiet aan die drama wat vorige aankondigings gekenmerk het.

Brisbane het 72 van die geldige 77 stemme van IOK-lede gekry.

Bykomende bron: Reuters

Meer oor:  Thomas Bach  |  Australie  |  Brisbane  |  Iok  |  Gasheer  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.