Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Australiese atlete in kwarantyn
’n Lugfoto van die Olimpiese Speledorp in Tokio. Foto: AP

Australië se hele atletiekspan wat aan die Olimpiese Spele in Tokio gaan deelneem, het Saterdag in isolasie in hul hotelkamers deurgebring ná ’n Covid-19-skrik.

Die span is tans op ’n oefenkamp in Cairns, Australië.

Een van die beamptes het ’n onbevestigde toets opgelewer nadat die span uit Melbourne vertrek het, maar daaropvolgende toetse was tot dusver negatief, het die Australiese Olimpiese Komitee (AOK) Sondag bevestig.

Die atlete is sedertdien toegelaat om aan ’n opwarm-byeenkoms deel te neem nadat hulle tot laat Saterdagaand in hul hotelkamers in isolasie was.

“My inligting is dat (Atletiek Australië) baie versigtig was en aan die atlete gesê het: ‘Reg, net totdat ons alles uitgesorteer het, moet almal in hul kamers bly’,” het David Hughes, die AOK se hoof- mediese beampte, gesê.

“Covid het nie bene nie, dit kan nie beweeg nie, tensy mense rondbeweeg. Hulle het dus die regte ding gedoen. Hulle het aan almal gesê: ‘Bly waar julle is totdat dit uitgesorteer is’ ”.

Atlete en beamptes wat die kamp bywoon, is almal in hul kamers geïsoleer, terwyl Atletiek Australië verdere toetsprotokolle, benewens dié wat reeds gebruik word, ingestel het.

Die beampte wat die onbevestigde toets, asook twee daaropvolgende negatiewe toetse opgelewer, moet ’n bykomende toets ondergaan voordat hy of sy hom weer by die kamp mag aansluit. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Covid-19  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.