Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Bekroonde Biles wil haarself klop
Simone Biles maak gereed om tydens die Amerikaanse proewe die balk te bestyg. Foto: Getty Images

Die Olimpiese gimnastiekkampioen Simone Biles sê die deelnemer wie sy die graagste in Tokio wil klop, is haarself.

Sy voeg ook by wat haar werklik opgewonde oor gimastiek maak, is om nuwe bewegings op die proef te stel, wat voorheen “ondenkbaar” was.

Die 24-jarige Amerikaner het ’n ongeëwenaarde 25 Wêreldkampioenskapsmedaljes op haar naam, 19 van hulle goud en was in elke algehele kompetisie waarin sy sedert 2013 in aksie was, die wenner.

Sy het ook by die Spele in Rio vier goues en ’n brons ingepalm en sal na verwagting in Tokio nog by dié totaal voeg.

My mikpunt is om altyd op my vorige vertoning te verbeter. So jy kan seker sê die deelnemer wat ek die graagste wil klop, is myself.
Simone Biles

“My mikpunt is om altyd op my vorige vertoning te verbeter. So jy kan seker sê die deelnemer wat ek die graagste wil klop, is myself,” het Biles vandeesweek in Tokio aan NBC gesê.

“Dit dwing my dus om bewegings en maneuvers op die proef te stel, wat voorheen gans onmoontlik gelyk het, of ondenkbaar was. Dis hoekom ek gek is oor die sport – ek voel ek kan self die grense verskuif van wat vermag kan word.”

Vroeër vanjaar het sy die eerste vrouegimnas geword om die Joertsjenko-dubbelsalto-sprong suksesvol in ’n kompetisie uit te voer.

Biles, wat vroeër vandeesweek gemor het oor hoe vervelend die bioborrel-verblyf en streng Covid-19-protokolle in Tokio is, sê gelukkig kom die kompetisiedae nou vinnig nader.

Een van die plaasvervanger-gimnaste in die Amerikaanse span is positief vir die virus getoets, maar die res van die span is veilig en berei in alle erns voor.

Die gimnastiek-kompetisie begin Saterdag met die kwalifiserende rondes vir mans. Die vroue kom Sondag aan die beurt. – Reuters

Meer oor:  Simone Biles  |  Japan  |  Tokio  |  Vsa  |  Goud  |  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Medaljes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.